Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 11 Sep 2023
FOTO: Andreas/Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys het sedert Vrydag verhandel teen ‘n baie effense afwaartse tendens, wat ongeveer 0,17% laer as die vorige verhandelingsdag was.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Vrydag met ‘n opwaartse tendens verhandel. Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in September met R27/ton (+0,70%) geklim en teen R3 890/ton gesluit.
- Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in September 2023 met R35/ton (+0,92%) geklim en teen R3 856/ton gesluit.
Sojabone:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys het sedert Vrydag verhandel teen ‘n afwaartse tendens van ongeveer 1,12% laer as die vorige verhandelingsdag.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydag met skerp afwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2023 met R210/ton (-2,15%) gedaal en teen R9 560/ton gesluit.
- Die Maart 2024-kontrak het met R211/ton gedaal en teen R9 619/ton.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys het sedert Vrydag verhandel teen ‘n afwaartse tendens van ongeveer 1,65% laer as die vorige verhandelingsdag.
- Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met effense opwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike koringmark het vir lewering in September 2023 met R61/ton (+0,93%) geklim en teen R6 600/ton gesluit.
- Die Desember 2023-kontrak het met R11/ton geklim en gesluit teen R6 180/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
