Agriculture
Landbounuus: Amper tyd vir NAMPO ALFA 2023─── ELSABÉ RICHARD 14:17 Mon, 11 Sep 2023
Dis amper tyd vir die langverwagte NAMPO ALFA wat plaasvind van 12 tot 14 Oktober op NAMPO Park, buite Bothaville.
Die organiseerders sê verlede jaar se samesmelting van kampioendiere, visioenêre voertuie, buitelugtoerusting en vuurwapens het belangstellendes laat stroom na NAMPO Park, wat die blywende aantrekkingskrag beklemtoon van die ALFA Expo. Besoekers kan uitsien na onder meer die kleinveeprogram wat ongeëwenaarde fokus bied aan Suid-Afrika se lewendige kleinveebedryf.
Die Vredefort-brand in die Noord-Vrystaat was vanoggend steeds aktief. Die Vrystaat-sambreelbrandbeskermingsvereniging sê hy't berigte ontvang dat twee mense gister lig beseer is in veldbrande in dié omgewing.
Suid-Afrika is 'n geringe rolspeler in die Saoedi-Arabiese landboumark. Dié Midde-Oosterse land was die laaste tyd onder bespreking in landboukringe nadat hy genooi is om volgende jaar by Brics aan te sluit. Landbousakekamer van SA-hoofekonoom, Wandile Sihlobo sê dis goeie nuus vir Suid-Afrika. Nie net varsprodukteprodusente sal daarby baat vind nie, maar ook lewendehaweprodusente.
Die onlangse skerp styging in brandstofpryse het die hoop verydel op verminderde druk op winsmarges. Die toename in dieselpryse, tesame met stygende internasionale Brent-ruoliepryse en 'n swakker randwisselkoers, dra by tot kostedruk regdeur die landbouwaardeketting.
FNB sê dit is veral kommerwekkend aangesien die stygings plaasvind aan die begin van die nuwe somergewasseisoen. Die bank sê dat die graanbedryf, wat ‘n verligting in kunsmispryse beleef het, nou hoër plantkoste in die gesig staar, terwyl die vee- en tuinbousektore staatmaak op brandstof vir vervoer.
EN
Identifiseer die probleem, noem dit by die naam en vind die oplossings. Dit was deurentyd die boodskap van sprekers op TLU SA se jaarkongres. Die tema van die kongres, “Die vier seisoene van landbou”, was simbolies van die verskillende seisoene in ’n boer se lewe, hetsy klimatologies, as mens, ekonomies of polities.
