Agriculture
Een-ton-pampoen mikpunt vir pampoenkompetisie─── ELSABÉ DE JAGER 10:40 Tue, 12 Sep 2023

Die kweekseisoen vir volgende jaar se Goliat-van-Gat-pampoenkompetisie is nou in volle gang.
Alle hoop word gevestig op ’n wenner wat die skaal oor ’n ton sal laat trek. Dié kompetisie word deur TLU SA se Cullinan Boere-unie georganiseer.
Vanjaar se wenpampoen het ’n skrale 110 kg minder as ’n ton geweeg. Wykus Lamprecht is tydens die afgelope TLU SA kongres vereer vir dié spogstuk van 890 kg.
Wykus Lamprecht met 'n reuse wenpampoen van 890kg/Facebook.
Voorsitter van die Cullinan Boere-unie Henri Combrink sê die 20ste jaarlikse geleentheid vind op 9 Maart 2024 in Pretoria plaas.
Dié kompetisie is ook geregistreer as ’n amptelike inweegpunt by Great Pumpkin Commonwealth waar deelnemers van regoor die wêreld hulle uitslae deel om sodoende internasionaal te kan kompeteer.