On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Plaasmoord-verdagtes swaar gevonnis

───   ELSABÉ RICHARD 15:37 Fri, 15 Sep 2023

Landbounuus: Plaasmoord-verdagtes swaar gevonnis | News Article
Foto deur Ekaterina Bolovtsova/Pexels.

Die polisie sê die slagoffer Chantel Kershaw se plaaswerker is ook geïmpliseer aangesien hy deel was van die georkestreerde plan om die misdaad pleeg.

Swaar vonnisse is opgelê aan plaasmoordenaars in Delmas se landdroshof. Die misdagigers, albei 50 jaar oud, het vandeesweek lewenslange tronkstraf ontvang vir  moord en roof op die Rietkol by Sundra in September 2020. Die polisie sê die slagoffer, Chantel Kershaw se plaaswerker is ook geïmpliseer aangesien hy deel was  van die georkestreerde plan om die misdaad pleeg. Hy het 20 jaar tronkstraf gekry nadat hy in Maart vanjaar skuld beken het.

Meer as 20 uitbrekings van die H7N6-stam van hoogs patogene voëlgriep is sedert einde Mei in Suid-Afrika by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid aangemeld. Die meeste van die uitbrekings het in die Vrystaat, Mpumalanga en Gauteng voorgekom. Farmer’s Weekly se Janine Ryan sê daaglikse uitbrekings is aangemeld in die laaste week van Augustus in Gauteng.

Die vraag na gesertifiseerde Wagyu-beesvleis neem plaaslik geleidelik toe, veral in kleinhandel weens die groeiende waardering vir hierdie top-end vleisproduk. Wagyu SA se opmerking kom ná dit verlede maand sitplek ingeneem het by die internasionaal bekende Hongkong-voedselekspo. Die vereniging sê die bywoning van dié ekspo was om sy lede by te staan in hul strewe om die Suid-Afrikaanse Wagyu-beesvleisuitvoer te verhoog. Plaaslike telers voer tans meer volumes gesertifiseerde Wagyu-beesvleis uit na markte in die Midde-Ooste, met die oog nou op China en Saoedi Arabië.

Burre Burger sê dis mooi hoe 'n Virginia-sakeman elke dag bid vir vragte veevoer vir boere in nood ná verwoestende veldbrande. Die stigter van Droogtehulp met Burger het foto's op Facebook gedeel van hoe Sterrenberg Pretorius bid vir die vragte voer, wat sosialemediagebruikers in vervoering het.Burger het foto's op Facebook gedeel van hoe Sterrenberg Pretorius bid vir die vragte voer, wat sosiale gebruikers in vervoering het. Pretorius sê hy seën elke vrag, die plaas waar dit vandaan kom en dié waarheen dit op pad is.

EN

Die Hoopstad Landbougenootskap hou sy eerste boeredag onder dié naam op die dorp. Voorsitter, Yster van Huyssteen, sê die genootskap het voorheen bekend gestaan as die Hoopstad-Suid Boerevereniging en is in die laat-70s gestig. Hy sê besoekers kan uitsien na meer as 100 uitstallers, wat die voorste maatskappye sal insluit en insiggewende veepraatjies sal aanbied.

OFM Nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.