On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Voedselinflasie neem steeds af

───   ELSABÉ RICHARD 13:28 Wed, 20 Sep 2023

Landbounuus: Voedselinflasie neem steeds af | News Article
Foto deur Hermaion/Pexels.

Goeie nuus is dat voedselinflasie steeds afneem.

Statistieke SA sê jaarlikse koers het die vyfde maand agtereenvolgens gedaal, van 9,9% in Julie tot 8% in Augustus. Prys Statistieke-direkteur, Marietjie Bennett, sê behalwe vrugte, was alle kategorieë vir voedsel- en nie-alkoholiese drankies jaar-op-jaar laer in Augustus.

Intussen is die regering bekommerd oor hoë voedselpryse. Die kabinet se ekonomiese groepering is opdrag gegee om 'n voedselsekerheidsplan in te voer om die druk op verbruikers te verlig. Landbousakekamer se Wandile Sihlobo sê verbruikersvoedselprysinflasie het begin afneem van 14,4% in Maart. In Julie was dit 10% vergeleke met 11,1% die maand vantevore.

Kleinskaalse boere se grootste uitdaging is toegang tot bekostigbare finansiering vir kapitaalinvestering in hul ondernemings. Die program vir ekonomiese transformasie van swart sitruskwekers is van stapel gestuur om hierdie uitdaging die hoof te bied. FNB se Dawie Maree sê die Sitruskwekersvereniging het die fondsvoorstel gemaak, om gemengde finansiering teen gunstige rentekoerse en betalingsvoorwaardes te voorsien. Dit kan onder andere boordvestiging en infrastruktuurontwikkeling van opkomende sitrusboere ondersteun. 

Die geraamde skade aan Noordwes se ekonomie weens veldbrande staan op ’n allemintige R5 miljard. Die Noordwes-sambreelbrandbeskermingsvereniging sê teen 14 September het reeds meer as 800 000 hektaar afgebrand. Twaalf duisend brande is aangemeld.

EN

AfriForum, Saai en talle ander rolspelers het op 'n Landelike Veiligheidskonferensie ooreengekom om plaasaanvalle sáám hok te slaan. AfriForum sê dit sal gedoen word deur ’n samewerkingsplan met landbou-organisasies soos TLU SA, AgriSA, Vrystaat Landbou en Agri Noordwes. Saai sê sommige organisasies plaas wagte in afgeleë gebiede, of kamerastelsels en radionetwerke, om landelike misdaad te bekamp. Al die organisasies wil nouer saamwerk as ’n verenigde front teen landelike misdaad.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.