On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-uur: Jongste Safex-nuus

───   08:33 Fri, 22 Sep 2023

Agri-uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto deur Mohamed Abdelghaffar/Pexels.

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

  • Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdag met 1,26% gestyg.
  • Brasilië verwag nie nog 'n rekord mielie-oes vir die 2023/24-seisoen nie, deels teweeggebring deur 'n afname in aangeplante hektare.
  • Die binnelandse mieliekontrakte het Donderdag met ‘n effense adwaartse tendens verhandel. 
  • Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in September met R29/ton (-0,73%) gedaal en teen R3 960/ton gesluit. 
  • Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in September 2023 met R3/ton (-0,08%) gedaal en teen R3 858/ton gesluit.
  • Vir die week geëindig 15 September, het Suid-Afrika 12 586 ton witmielies uitgevoer, meerendeels na Botswana (45%). Vir dieselfde tydperk, het ons 57 627 ton geelmielies uitgevoer na Taiwan (91%), met kleiner hoeveelhede na Eswatini, Lesotho, Mozambiek en Namibië.

Sojabone:

  • Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Donderdag met 0,35% gestyg.
  • Die res van die sojakompleks het gemeng verhandel. Sojameelkontrakte het met meer as 1,5% gestyg, terwyl sojaolie-termynkontrakte met sowat 1% gedaal het.
  • Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdag met effense afwaartse tendense verhandel. 
  • Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2023 met R71/ton (-0,75%) gedaal en teen R9 400/ton gesluit. 
  • Die Maart 2024-kontrak het met R53/ton gedaal en teen R9 417/ton.

Koring:

  • Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdag 0,79% hoër verhandel.
  • Die binnelandse koringkontrakte het Donderdag met gemengde tendense verhandel. 
  • Die plaaslike koringmark het vir lewering in September 2023 met R432/ton (-6,17%) gedaal en teen R7 570/ton gesluit, terwyl die Oktober 2023-kontrak met R225/ton geklim en gesluit het op R6 600/ton. 
  • Die Desember 2023-kontrak het met R81/ton gedaal en gesluit teen R6 185/ton.
  • Vir die week geëindig 15 September, het Suid-Afrika 47 911 ton se koring ingevoer. Koring is ingevoer van Rusland, Poland, Australië en Czechia.

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.

OFM Nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.