On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Wat is nuut in Farmer's Weekly?

───   ELSABÉ RICHARD 13:54 Fri, 22 Sep 2023

Wat is nuut in Farmer's Weekly? | News Article
Foto deur Jack Sparrow/Pexels.

"Ons neem kennis dat die kommissie maatreëls aanbeveel het, insluitende bemarkingsnavrae om strukturele kenmerke in die mark aan te pak wat gelei het tot hoë voedselpryse en lae vlakke van mededinging.”

Kommer oor voedselonsekerheid te midde van stygende voedselkoste het daartoe gelei dat die regering die ekonomiese groepering beveel het om 'n aksieplan oor voedselpryse, voedselsekerheid en toegang tot voedsel inwerking te stel. 

In 'n media-inligtingsessie het Khumbudzo Ntshavheni, minister in die presidensie, gesê die groep sal voortgaan om voedselpryse te monitor om bekostigbare en toeganklike voedselprodukte vir verbruikers te verseker. 

Sindira Chetty, digitale redakteur van Farmer's Weekly, sê Ntshavheni is aangehaal: "Ons neem kennis dat die kommissie maatreëls aanbeveel het, insluitende bemarkingsnavrae om strukturele kenmerke in die mark aan te pak wat gelei het tot hoë voedselpryse en lae vlakke van mededinging."

Chetty sê die aankondiging is gemaak sonder dat enige aksieplan gereed is of opgestel is.

BBP
Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) het in die tweede kwartaal van 2023 met 0,6% gestyg.

Statistieke Suid-Afrika sê ses bedrywe aan die aanbodkant van die ekonomie het in die tweede kwartaal gegroei, met vervaardiging en finansies wat die meerderheid van die opwaartse momentum aangedryf het. 

Chetty sê aan die vraagkant het die land baat gevind by 'n skerp styging in beleggings in masjinerie en toerusting wat produkte ingesluit het wat met hernubare energie verband hou.

Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sê die syfers toon dat die landbousektor een van die grootste bydraers tot die land se ekonomiese groei is. 

Sy sê hierdie groei dui op die belangrikheid en invloed van die sektor in die land se ekonomie.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.