On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Departement beraadslaag met reguleerders oor entstowwe vir voëlgriep

───   ELSABÉ RICHARD 15:55 Wed, 27 Sep 2023

Landbounuus: Departement beraadslaag met reguleerders oor entstowwe vir voëlgriep | News Article
Foto deur Alexas Fotos/Pexels.

Die Departement van Landbou het met entstofregistrasiereguleerders beraadslag oor voëlgriepentstowwe.

Woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê 'n ooreenkoms is bereik dat die registrasie van entstowwe bespoedig sal word. Ngcobo sê die veiligheid, doeltreffendheid en kwaliteit van entstowwe sal nie benadeel word nie. Suid-Afrika ervaar tans 'n kommerwekkende voëlgriepuitbraak in provinsies soos Noordwes en die Vrystaat.

Geen polisiebeamptes is die afgelope vier boekjare aangekeer vir plaasmoorde nie, maar 29 is wel in hegtenis geneem vir veediefstal. Die minister van polisie, Bheki Cele, het hierdie syfers aan die VF Plus bekend gemaak. Party-leier, Pieter Groenewald, sê dit kom nadat ‘n gebrekkige inligting-stelsel enkele weke gelede as verskoning aangevoer is oor waarom die syfers nie beskikbaar was nie.

China is 'n belangrike mark vir Suid-Afrikaanse graanprodusente. Graan SA-landbou-ekonoom, Heleen Viljoen, sê Suid-Afrika het 'n lang pad gestap om ten einde mielies na dié Asiatiese land uit te kan voer. Sy sê die uitvoerprotokol tussen die twee regerings is eers in 2014 onderteken.

Die land se grootste pluimveeprodusent, Astral Foods is getref met byna R2 miljard se beurtkragkoste. Dis die maatskappy se eerste jaarlikse verlies sedert notering op die JSE, 22 jaar gelede. Farmer's Weekly berig die maatskappy het bekend gemaak dat hulle 'n verlies ly van R3/kg op hoenderverkope, weens die onvermoë om stygende uitgawes te verreken, insluitend voerkoste, diesel vir kragopwekkers en oortydbetalings om oorvol abattoirs aan te spreek.

EN

Agri Noordwes se jaarkongres vind plaas onder die tema "óns is niks sonder jóú nie". Besprekingspunte sluit in die verwoestende veldbrande, sowel as die bek-en-klouseer uitbraak, en hoe biosekuriteit in die veebedryf 'n groot krisis inhou vir die sektor. Noordwesboere het sover duisende hektaar weiveld, infrastruktuur en diere verloor weens brande. Die landbou-organisasie dank al sy lede en ander rolspelers, vir hulle samewerking en ondersteuning tydens hierdie moeilike tye waarin boere verkeer.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.