On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nikki
Listen Live Streams

Agriculture

Wat is nuut in Farmer's Weekly?

───   ELSABÉ RICHARD 08:00 Fri, 29 Sep 2023

Wat is nuut in Farmer's Weekly? | News Article
Foto deur Marian Florinel Condruz/Pexels.

Egipte het sy sitrusuitvoer na die EU verdubbel, van ’n totaal van 86 097 ton in 2022 tot 179 012 ton in 2023.

’n Spaanse Landbou-unie, wat die veldtog lei om Suid-Afrikaanse sitrus uit die Europese Unie (EU) te hou, het nou sy visier op Egipte gevestig.

Dit kom omdat Spanje onlangs die grootste wêreldwye uitvoerder van sitrus geword het. 

Egipte het sy sitrusuitvoer na die EU verdubbel, van ’n totaal van 86 097 ton in 2022 tot 179 012 ton in 2023.

Janine Ryan, redakteur van Farmer's Weekly sê die unie het ’n beroep op die Spaanse regering gedoen om sy grense te versterk in die lig van die gevaar wat die moontlike binnekoms van sitrusswartvlek (CBS) inhou. 

Volgens hulle was dit ’n gevaar wat na bewering besig was om te groei as gevolg van die aansienlike toename in die invoer van sitrus uit Egipte.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging (CGA) homself herhaaldelik uitgespreek teen die politiekery wat die Spanjaarde onder die dekmantel van fitosanitêre vrese onderneem om hul markte te beskerm.

Deon Joubert, waarnemende uitvoerende hoof van die CGA, sê CBS het in meer as 100 jaar van Suid-Afrikaanse sitrusuitvoer na Europa nog nooit na Europa en ook nie na die Wes-Kaap versprei nie.

Skaapbedryf

Uitdagings wat deur die skaapbedryf in die gesig gestaar word en maniere om dit te oorkom, is uitgelig tydens 'n Nasie in Gesprek-bespreking by NAMPO Kaap wat onlangs in Bredasdorp, Wes-Kaap, gehou is. 

Stephan van Huyssteen, voormalige besturende direkteur by KLK Landbou, sê abattoirs is in die moeilikheid weens swak kapasiteitsbenutting. 

Hy sê die getal skaapslagplase in die land het oor die afgelope 12 jaar van 547 tot slegs 226 afgeneem.

Periodieke droogte het daartoe gelei dat die aantal vee wat in die Noord-Kaap geslag is, van net meer as 2 miljoen per jaar in 2015 tot ongeveer 1 miljoen tans gedaal het.

Ryan voeg by abattoirs het slegs 12 tot 14% wins van die bruto waarde van die verbruikersprys gemaak, terwyl boere sowat 50% wins gemaak het, groothandelaars 9% en kleinhandelaars die res geneem het.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.