Agriculture
Landbounuus: Beamptes monitor H5- en H7-voëlgriepvirus─── 16:33 Fri, 29 Sep 2023
Sowat 60 gevalle van die hoogs patogeniese virusse is reeds aangemeld.
Landboubeamptes monitor die hoogs patogeniese H5- en H7-voëlgriepvirus.
Sowat 60 gevalle is tot dusver aangemeld. Abongile Balarane, SA Pluimveevereniging hoofbestuurder, sê dit is die ergste uitbreking wat die land getref het sedert voëlgriep die eerste keer in 2017 aangemeld is.
Namibië het die invoer van lewende pluimvee, voëls en pluimveeprodukte uit Suid-Afrika opgeskort, ná die verspreiding van hoogs patogene voëlgriep. BizCommunity berig die skorsing geld tot verdere kennisgewing.
Suid-Afrika ervaar 'n groot voëlgriep-uitbraak waarin reeds sowat 2 miljoen hoenders van kant gemaak is. SA pluimveeprodusent, Astral Foods, sê die totale koste verbonde aan die uitbreking beloop R22 miljoen.
‘Dis die sesde nederlaag vir Malema en die EFF in dieselfde aangeleentheid’
As die EFF en sy leier ooit weer mense aanhits om grond onwettig te beset, maak hulle hulle skuldig aan minagting van die hof. Die Konstitusionele Hof het Julius Malema se aansoek om verlof om te appelleer teen ’n interdik wat AfriForum in 2017 verkry het, van die hand gewys.
Dit verbied EFF om mense aan te hits om private eiendom te betree en dit onwettig te beset. Die organisasie se Ernst van Zyl sê dis die sesde nederlaag vir Malema en die EFF in dieselfde aangeleentheid; daar is nou geen verdere wetlike weë vir ’n sewende poging nie.
EN
Boere en ander plattelandse padgebruikers word gewaarsku om grondpaaie in Namakwaland sover moontlik te vermy terwyl die provinsiale regering hardwerk om vloedskade te herstel. Talle grondpaaie in die distrik is verlede naweek verspoel, terwyl ander gevaarlik is weens modder en gladde padoppervlakke.
Zandisile Luphahla, woordvoerder van die Noord-Kaapse LUR vir paaie en openbare werke, sê die owerheid moet nog die omvang van die skade bepaal.
