On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Elite van beestelers se pragdiere by Nampo Alfa te sien

───   08:58 Wed, 04 Oct 2023

Elite van beestelers se pragdiere by Nampo Alfa te sien | News Article
Die stoetbul Ruma van die Little Creek-Simmentalerstoet. Foto: Verskaf deur Albert Loubser van Nampo Alfa

“Dit kan met reg as die hoogste toekenning in die Suid-Afrikaanse skoubedryf gesien word.”

Die room van die Suid-Afrikaanse beestelerbedryf tel die dae na die jaarlikse Nampo Alfa-ekspo wat van 12 tot 14 Oktober by Nampopark buite Bothaville aangebied word.

As deel van die uitstalling is agt van Suid-Afrika se beste vleisbeestelers uitgenooi om hul stoetdiere uit te stal en stoeterye bekend te stel. Hul beeste, wat reeds as kampioene by 13 streekskoue aangewys is, sal hier meeding vir die titel van nasionale interraskampioen.

“Dit kan met reg as die hoogste toekenning in die Suid-Afrikaanse skoubedryf gesien word,” sê Albert Loubser, organiseerder.

“Individuele telers wie se diere by ’n streekskou gewen het, word genooi om deel te neem. Die wenners in die manlike en vroulike dier-afdelings word op die Alfa-dinee aangekondig, en die diere neem tydens die geleentheid aan die parade tussen die tafels deel.

OFM Nuus het met die deelnemers gepraat om meer oor hul stoetery en pragdiere te wete te kom. Eerste aan die beurt is Kobus Erasmus van die Little Creek-Simmentalerstoet naby Lephalale in Limpopo.  

Die stoetkoei Unisa van die Little Creek-Simmentalerstoet. Foto: Albert Loubser van Nampo Alfa

Erasmus teel al sedert 2001 met simmentalers en het volgens hom “’n kleinerige stoet” met sowat 30 koeie. Hy is genooi om twee van sy kampioendiere, ’n bul en ’n koei, by Nampo Alfa uit te stal.

Een van die kroonjuwele in sy stoet is die bul Ruma, wat vanjaar by die Letabaskou in Tzaneen as die interraskampioen (manlik) aangewys is. Hy was ook die interras-reserwekampioen by die Ellisrasskou. Ruma wen al pryse vandat hy ’n kalf van 14 maande was.

Die koei, Unisa, was die interraskampioen (vroulik) by die Letabaskou. Erasmus het in 2017 ook twee diere by Nampo Alfa vertoon. Hy sê die kompetisie beteken baie vir vleisbeestelers in Suid-Afrika.

“Ek wil vir Albert en Nampo Alfa baie dankie sê vir die blootstelling vir ons stoettelers. Met hierdie kompetisie is daar geen verloorders nie, net wenners. Dit is ’n elite groep telers met ’n verskeidenheid rasse wat die hele land verteenwoordig.”

OFM Nuus/ Christine van der Westhuizen

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.