On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Voëlgriep beskryf as ergste in SA geskiedenis

───   ELSABÉ RICHARD 15:32 Thu, 05 Oct 2023

Landbounuus: Voëlgriep beskryf as ergste in SA geskiedenis | News Article
Foto deur Rachel Vine/Pexels.

Die huidige gevalle van voëlgriep word beskryf as die ergste in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Voëlgriep raak nie net die primêre produsent nie, maar ook die hele waardeketting en verbruiker. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap,  sê pleidooie is gelewer vir entstowwe om die voëlgriep-uitbreking te beheer.

Die onlangse oorstromings in dele van Namakwaland het weer hoop vir boere gebring. Dit ten spyte van neerslae wat skade aan onder meer paaie in die omgewing veroorsaak het en waarna boere ook van hul diere verloor het. 

Verwoesting deur veldbrande in Noordwes het gelei tot versoeke om die provinsie as ’n rampgebied te verklaar. Die DA het dié versoek gerig aan Nono Maloyi, die waarnemende premier en LUR vir samewerkende regering, nadat vee, wild en byna een miljoen hektaar se weiveld vernietig is deur veldbrande. Die party meen die ramp kon vermy gewees het as die provinsiale regering toepaslike maatreëls getref het deur behoorlike beplanning en toepassing van brandvoorkoming- en brandbestrydingstelsels.

Lewendehawepryse sit die afwaartse tendens voort. Die wydverspreide brande veroorsaak 'n toestroming van vee na veilings. Dit, terwyl ruvoer uiters skaars is. Chris Derksen, wat weekliks die veilingspryse vir lewendehawe verskaf, bring ons op die hoogte van die lewendehawepryse per kilogram.

EN 

Die hoogtepunt van vanjaar se Nampo Alfa-lewendehawe-, jag- en buitelewe-ekspo is wanneer die interraskampioenskap-deelnemers tydens die dinee tussen die tafels deur beweeg. Dié koeie en bulle was die wenners van interraskampioenskappe by die land se grootste landbouskoue in onder meer Hertzogville, Vryburg, en by Bloemskou en Nampo. Die ekspo vind plaas van 12 tot 14 Oktober by Nampopark naby Bothaville.

OFM Nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.