On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Nampo Alfa-ekspo: ‘Dit is groot eer om te kwalifiseer’

───   09:38 Fri, 06 Oct 2023

Nampo Alfa-ekspo: ‘Dit is groot eer om te kwalifiseer’ | News Article
Something French, die Charolais-kampioenkoei van die Loumotta-stoetery. Foto: Verskaf deur Albert Loubser

“Ons sien baie uit na die interraskampioenskap by Nampo Alfa.”

“Dit is ’n groot eer net om vir die kampioenskap te kwalifiseer,” sê Wilru Campher van die Loumotta Charolaisstoet wat naby Ventersdorp in Noordwes geleë is.

Loumotta is een van slegs agt stoeterye wat uitgenooi is om aan die Nampo Alfa-ekspo se interraskampioenskap deel te neem.

Campher is ’n sesde-geslag boer. Hy vertel dat hy en sy pa, Loutjie, eers met Angusbeeste geboer het, maar in 2016 het hulle met Charolais begin teel. Die stoetery het sedertdien twee kampioene by die Charolais-wêreldkampioenskap opgelewer.

Loumotta se eersteklaskoei, Something French, gaan by die Nampo Alfa-interraskampioenskap uitgestal word. Sy is op vanjaar se Bloemskou as die senior kampioenkoei en ras-kampioenkoei aangewys. Daar word al die afgelope vier jaar met haar geteel.

“Ons sien baie uit na die interraskampioenskap by Nampo Alfa. Dit is ’n wonderlike geleentheid.”

- Die Nampo Alfa-lewendehawe-, jag en buitelewe-ekspo vind van 12 tot 14 Oktober by Nampopark buite Bothaville plaas. Die hoogtepunt is die internasionale interraskampioenskap wat vir die eerste keer sedert 2019 weer ten volle aangebied word.

Kwalifiserende koei- en bulkampioene van 13 van die grootste landbouskoue in Suid-Afrika neem deel. Dit is verteenwoordigend van die beste vleisbeestelers in die land.

As deel van die uitstalling is agt van SA se beste vleisbeestelers uitgenooi om hul diere en stoeterye uit te stal. Hul diere sal hier meeding vir die titel van nasionale interraskampioen.

Wenners van die volgende skoue is uitgenooi: Hertzogville, Bloemskou, Vryburg, Nampo, Royal-skou, Thabazimbi, Ellisras, Ermelo, Noord-Gauteng, George, Moorreesburg, Parys en Standerton.

OFM Nuus/Christine van der Westhuizen

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.