Agriculture
Landbounuus: Nampo Alfa-voorbereidings vorder goed─── ELSABÉ RICHARD 14:50 Fri, 06 Oct 2023
Voorbereiding vorder goed vir die opkomende Nampo Alfa by Nampo Park naby Bothaville.
2023 is die tweede agtereenvolgende jaar met twee groot rolspelers in die veebedryf – Graan SA en ALFA – wat die NAMPO ALFA Lewendehawe-, Jag- en Buitelewe Ekspo aanbied.
Intussen is die Loumotta Charolaisstoet, wat naby Ventersdorp in Noordwes geleë is, een van slegs agt stoeterye wat uitgenooi is om aan die Nampo Alfa-ekspo se interraskampioenskap deel te neem. Die stoetery het sedertdien twee kampioene by die Charolais-wêreldkampioenskap opgelewer. Sy eersteklaskoei, Something French, gaan by die Nampo Alfa-interraskampioenskap uitgestal word. Sy's op vanjaar se Bloemskou as die senior kampioenkoei en ras-kampioenkoei aangewys. Daar word al die afgelope vier jaar met haar geteel.
Ná 'n verhoging van byna R3,00 per liter in dieselpryse in September, bring Oktober se brandstofpryse meer ellende vir reeds sukkelende boere in Suid-Afrika. Hoewel die jongste ongeouditeerde inligting van die Sentrale Energiefonds toon dat die brandstofprys-vooruitsigte sedert middel van die maand op die petrolfront verbeter het, was dit egter nie dieselfde vir diesel nie. FNB sê na aanleiding van tekens van vermindering in koste op plaasvlak, is die hoop op verminderde druk op winsmarges byna verlore. Dit, ná dieselpryse Woensdag met tussen R1,93 en R1,96 gestyg het.
Groenteprodusente se dalende winsmarges plaas voedselproduksie in gevaar. Navorsing deur die Global Coalition of Fresh Produce toon 60% wêreldwye vars produkte verhandel op vlakke wat nie vir produsente winsgewend nie. Farmer’s Weekly se Sindira Chetty sê dis die gevolg van stygings in produksie- en bedryfskoste.
EN
Skole in landelike gemeenskappe is al hoe meer afhanklik van fonds-insamelings-projekte om kop bo water te hou. Die President Steyn-skool in die Bainsvlei-omgewing buite Bloemfontein is geen uitsondering nie en word ondersteun deur die omliggende boereverenigings en sakeondernemings.
