On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: SA Stamboek sien uit na NAMPO ALFA-deelname

───   ELSABÉ RICHARD 14:28 Tue, 10 Oct 2023

Landbounuus: SA Stamboek sien uit na NAMPO ALFA-deelname | News Article
Foto geplaas deur Dormer SA/Facebook.

SA Stamboek is opgewonde om deel te wees van vanjaar se NAMPO ALFA.

Verskeie vleisbees- en kleinveerasse, soos die Afrikaner, Nguni's en Merino, gaan deelneem aan SA Stamboek se prestasieklasse by dié ekspo. Nampo Alfa vind plaas van Donderdag tot Saterdag by Nampopark net buite Bothaville. 

‘n Landbou-ekonoom meen die maatreëls wat die regering nou wil instel om voëlgriep te bekamp en meer eiers aan te skaf om ‘n tekort te voorkom, is te laat. Eier- en hoenderprodusente het al lank die dreigende voëlgriep-uitbraak gevrees, maar die regering het versuim om maatreëls soos entstowwe betyds te tref. 

Die polisie doen 'n beroep op boere om voorsorgmaatreëls te tref om hul vee te beskerm teen diewe. 'n 35-jarige man is op Calvinia in die Noord-Kaap aangekeer toe hy nie rekenskap kon gee oor 'n geslagte skaap wat in sy besit gevind is nie.

Noord-Kaapse produsente sal na verwagting vanjaar 310 000 ton koring produseer. Die Nasionale Oesskattingskomitee sê dié hersiene produksieskatting bly onveranderd vergeleke met sy skatting in Augustus. In die Vrystaat is die verwagte produksie 331 200 ton. Area van koring beplant in die Noord-Kaap staan op 40 000 hektaar en 72 000 hektaar in die Vrystaat.

EN

Die African Farmers Association of South Africa sê hy doen alles in sy vermoë om veral kleinskaalse boere in die Noord-Kaap te help om te kyk na alternatiewe maniere van boerdery. Die verneiging staan drie boere by met hul slakboerderye – wat nie baie ruimte verg om ‘n sukses te wees nie.

OFM Nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.