On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Wat is nuut in Farmer's Weekly?

───   ELSABÉ RICHARD 08:20 Fri, 13 Oct 2023

Wat is nuut in Farmer's Weekly? | News Article
Foto deur Mark Stebnicki/Pexels.

Die ongunstige weerstoestande het ’n negatiewe impak op oeskwaliteit.

Dit is onseker hoe onlangse sterk winde en oorstromings die volume en kwaliteit van graan wat in die winterreënvalgebied geproduseer word, sal beïnvloed.

Richard Krige, voorsitter van Wintergrain, sê lande in laagliggende en nat gebiede in die Overberg en Suid-Kaap kon dalk oorstroom het, terwyl droër lande moontlik by die reën baat gevind het.

Sindira Chetty, digitale redakteur van Farmer’s Weekly, sê die uitdaging vir boere sal wees om in hul lande te kom om spuittoedienings te maak en hul oeste betyds te oes.

Krige was bekommerd dat boere nie die nodige insette soos diesel sal kan bekom nie.

Koolstof-regulering

Die EU het onlangs die regulering van die koolstofgrensaanpassingsmeganisme gepubliseer om invoer en uitvoer te belas op grond van koolstofvrystellings wat tydens die produksie en aflewering van goedere gegenereer word.

Wolfe Braude, bestuurder van die Landboubesigheidskamer van Suid-Afrika se Fruit Desk, sê die belasting is ingestel omdat die EU besef dat die mededingendheid van Europese maatskappye negatief geraak sal word as hulle belas word terwyl invoer nie belas word nie.

Koolstof-intensiewe EU-firmas kan ook verskuif na gebiede met minder regulering as geen grensbelasting ingestel word nie.

Chetty voeg by dat die belasting in fases ingestel sal word, met die eerste fase wat vanaf 1 Januarie 2026 sal begin. Kommoditeite soos sement, yster, staal, aluminium, kunsmis, elektrisiteit en waterstof sal in die eerste fase gedek word.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.