Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── ELSABÉ RICHARD 07:12 Mon, 16 Oct 2023
Foto: Pexels/Luis Quintero
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Vrydag met 1,64% gestyg, gedeeltelik meegebring deur die produksievermindering wat Wêreld Landbou se vraag- en aanbodskatting (WASDE) vir Amerika se mielieseisoen aangekondig het.
- Die nuutse WASDE-verslag, wat Donderdagaand vrygestel is, het die vooruitskatting vir wêreldmielieproduksie effens gelig, tesame met groter verwagting vir wêreldmielie-uitvoer.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Vrydag met gemengde tendense verhandel.
- Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in Oktober het met R16/ton (-0,39%) gedaal en teen R4 036/ton gesluit.
- Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in Oktober onveranderd verhandel en teen R3 870/ton gesluit.
Sojabone:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het sedert Vrydag met 3% geklim. Amerikaanse kontrakte het ondersteuning gevind deur die afname in sojaboonproduksie wat Donderdagaand aangekondig is deur die WASDE-verslag.
- Die WASDE-verslag het wêreld sojaboonproduksie afwaarts aangepas, tesame met ‘n afwaartse aanpassing vir wêreldeindvoorrade.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydag met sterk opwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2023 met R256/ton (+2,89%) geklim en teen R9 120/ton gesluit.
- Die Maart 2024-kontrak het met R270/ton geklim en teen R9 112/ton.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het sedert Vrydag met 2,77% opwaarts verhandel.
- Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met effense opwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike koringmark het vir lewering in Oktober 2023 onveranderd verhandel en teen R6 193/ton gesluit.
- Die Desember 2023-kontrak het met R58/ton (-0,95%) gedaal en gesluit teen R6 075/ton.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
