On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Agriculture

Varkbedryf kan voordeel trek uit voëlgriep, veldbrande

───   ELSABÉ RICHARD 15:00 Wed, 18 Oct 2023

Varkbedryf kan voordeel trek uit voëlgriep, veldbrande | News Article
Foto: Pezels/Cottonbro Studio

Die varkbedryf herstel goed ná ‘n uitbreking van Afrika-varkpes in dele van Suid-Afrika.

Dit lyk of die uitbreking van Afrika-varkpes redelik onder beheer is, maar daar is wel nog dele van die bedryf wat ’n groot risiko is. Dit is die mening van Neil Dry van Niemen Stoet by Vlakfontein in Magaliesburg, Gauteng. 

OFM Nuus het onlangs by NAMPO ALFA 2023 met hom gepraat oor hoe dit met die varkbedryf gaan.

Voëlgriep

Met die huidige uitbreking van voëlgriep en die uitwerking op pryse, dink jy verbruikers koop nou eerder varkvleis?

Ek dink in die huidige stadium en selfs voor die hoenderbedryf so in 'n moeilike posisie was, is vark natuurlik jou goedkoopste bron van vleis. So dis definitief so. Ek dink dit gaan 'n groot positiewe bydrae lewer tot ons bedryf. Dis vir my baie moeilik om te sê op watter skaal dit 'n invloed op ons bedryf sal hê. Maar andersins sal ons bedryf daarby baat.

Veldbrande

Ek dink die veldbrande wat in die Vrystaat voorgekom het … dis sleg om te sê maar dit gaan ook 'n positiewe bydrae lewer tot die varkbedryf.  

Ek is regtig baie jammer vir die boere. Ek daar is baie bees uit die bedryf uitgevat as gevolg van dit en baie boere moes verkoop omdat daar net nie meer kos oor is nie.

Invoer van soja

Meeste van Suid-Afrika se sojabone word ingevoer. Hoewel boere baie meer sojabone plant as jare terug, het die land steeds nie genoeg nie, sê Dry.

Hy sê aanlegte wat sojabone na oliekoek verwerk, is ook baie meer as in die verlede. Maar Dry glo dit sal beter met landbou gaan – nie net in die varkbedryf nie, maar ook in die pluimvee- en ander bedrywe wat van sojabone afhanklik is.

"Ons weet die Russe laat nie baie graan uit nie en hulle laat [graan] uit soos wat hulle goed dink. Dit het ‘n direkte invloed op die prys van soja en natuurlik die rand se waarde wat nie goed is nie."  

Afrika-varkpes

Die Departement van Landbou sê die eerste uitbreking het in 2019 begin wat die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga en Noordwes geraak het. Daar is 129 uitbrekings aangemeld. Die tweede uitbreking was in 2020 in die Oos-Kaap waar 25 uitbrekings aangemeld is. 

In 2021 was die derde uitbreking in die Wes-Kaap en 51 uitbrekings is aangemeld. Die vierde uitbreking het in 2022 in KwaZulu-Natal begin met twee aangemelde gevalle. 

Limpopo het ook twee gevalle in dieselfde jaar binne die varkpes- beheerde gebied aangemeld.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.