Agriculture
Wolmark lewer positiewe resultate tydens 10de veiling─── ELSABÉ RICHARD 14:03 Thu, 26 Oct 2023
Die volgende wolveiling is vir 1 November geskeduleer waar sowat 7 439 bale aangebied sal word.
Die tiende veiling van die 2023/24-wolseisoen het vandeesweek plaasgevind met 'n aanbod van net meer as 6 000 bale.
Juan Venter, OVK-junior wolwaardeerder, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 2,4% vir nie-RWS en 2% vir RWS wol gestyg teenoor die vorige veiling en op 'n skoonprys van R152,59/kg en R168,85/kg onderskeidelik gesluit.
“Op die OVK-veiling is 2 134 bale aangebied waarvan 93,86% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R162,60/kg (skoonprys R198.60/kg), is behaal vir ‘n 4 baal lot BF van 18.6 mikron uit die skeersel van BG Viljoen van die Swellendam-distrik.
“Die koper was VBC WOOL SA,” sê Venter.
Kontak OVK om jou by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 1 November geskeduleer waar sowat 7 439 bale aangebied sal word.
