Agriculture
Landbounuus: Inhegtenisneming van Limpopo-plaasaanvallers verwelkom─── ELSABÉ RICHARD 14:01 Fri, 27 Oct 2023
Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo, doen opnuut ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak by hul plaaslike veiligheidstrukture.
’n Verslag van die Verenigde Nasies se Voedsel-en-Landbou-organisasie toon natuurrampe gaan vererger. Suid-Afrika beleef reeds die uitwerking van natuurrampe op voedselproduksie en boere se lewensbestaan. Die afgelope tien maande gaan die land gebuk onder oorstromings, stormwinde en veldbrande wat verwoesting op plase gesaai het.
Die inhegtenisneming van twee verdagtes, wat glo 'n vrou van Vaalwater, Limpopo, aangeval het op haar familieplaas, word verwelkom. Janet Prinsloo, eienaar van 'n biltongwinkel aan die R33 tussen Vaalwater en Lephalale, moes haar aanvallers onlangs op ’n uitkenningsparade identifiseer. Marcelle Maritz, VF Plus-leier in Limpopo, doen opnuut ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak by hul plaaslike veiligheidstrukture.
Oos-Vrystaatse boere word versoek om kannabisproduksie te oorweeg. ’n Werksessie is deur die Thabo Mofutsanyana-distriksmunisipaliteit en die Departement van Landbou gehou om boere op te voed oor die voordele daarvan – soos om werkloosheid te bekamp.
'n Hoenderkitskosgroep sê hy sluit al sy restaurante in Lesotho midde-in die voëlgriep-uitbreking in Suid-Afrika. Lesotho se regering het alle invoer van pluimvee uit sy buurland verbied wat dit volgens KFC onmoontlik maak om aan klante se behoeftes te voldoen. Die BBC berig verlede week het Mosambiek sowat 45 000 besmette henne van kant gemaak wat vanaf Suid-Afrika ingevoer is.
EN
Kommersiele produsente beplan om oor die 2,6 miljoen hektaar mielies vir 2024 te plant. Dis 2% meer as verlede seisoen. Die Nasionale Oesskattingskomitee sê wat sonneblompitte betref, word die verwagte aanplantings beraam op 640 000 hektaar, sowat 15% meer as verlede seisoen. Die voorgenome sojaboon-aanplantings toon egter ’n afname van 7% vergeleke met die vorige seisoen – van amper 1,15 miljoen hektaar tot onder 1,07 miljoen hektaar.
