On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Maquassi Hills-raadslid in Noordwes deur landbouvereniging vereer

───   11:26 Wed, 01 Nov 2023

Maquassi Hills-raadslid in Noordwes deur landbouvereniging vereer | News Article
Gert Muller, VF Plus-raadslid in die Maquassi Hills Plaaslike Munisipaliteit. Foto verskaf

“Sulke erkenning aan persone wat onbaatsugtig bydra tot die opheffing van gemeenskappe is belangrik.”

Gert Muller, VF Plus-raadslid in die Maquassi Hills-munisipaliteit, wat Wolmaransstad, Makwassie, Leeudoringstad en Witpoort insluit, is deur Agri-Wolmaransstad vereer vir sy “uitstaande en onbaatsugtige diens aan die gemeenskap van Wolmaransstad”.

Die party sê benewens Muller se leidende rol as raadslid in die oplos van probleme met munisipale dienslewering, is sy bydraes tot gemeenskapsprojekte en -organisasies welbekend.

Skole, kerke, tehuise vir bejaardes en inwoners in die munisipale gebied het al baat gevind by sy vermoë om op sy stil manier probleme doeltreffend op te los en bystand te bied.

Michal Groenewald. Foto: parliament.gov.za

Michal Groenewald, Noordwes VF Plus-leier, sê die party waardeer hierdie gebaar van erkenning aan ’n ware steunpilaar in die gemeenskap. "Sulke erkenning aan persone wat onbaatsugtig bydra tot die opheffing van gemeenskappe is belangrik.

"Kenmerkend van baie sulke leiersfigure is die feit dat hulle soms ongesiens agter die skerms werk en nie bloot betrokke raak om in die kollig te beland nie."

OFM Nuus/Verklaring Daphné/Corné/Morné

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.