On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Landbousektor hoop vir verligting in begrotingsrede

───   ELSABÉ RICHARD 14:04 Wed, 01 Nov 2023

Landbounuus: Landbousektor hoop vir verligting in begrotingsrede | News Article
Minister van Finansies, Enoch Godongwana, tydens die lewering van die 2023 mediumtermynbegrotingsrede.

Jack Armour, Vrystaat Landbou-kommersiële bestuurder, sê met die oog op die mediumtermynbegrotingsrede is sommige staatsbeheerde maatskappye bloot 'n bodemlose put.

Die regering moet help om die kommersiële landbousektor te stabiliseer in tye van nood. Dis maar een versoek van die sektor aan Enoch Godongwana, minister van finansies, in die mediumtermynbegrotingsrede.

Intussen kan die land nie bekostig om keer op keer ‘n reddingsboei te bied aan staatsbeheerde entiteite nie. Jack Armour, Vrystaat Landbou-kommersiële bestuurder, sê met die oog op die mediumtermynbegrotingsrede is sommige staatsbeheerde maatskappye bloot 'n bodemlose put.

Die getal goedgekeurde en begrote veeartsposte het van 324 tot 326 toegeneem. Ondanks dié geringe styging het die landboudepartement steeds 'n vakaturekoers van byna 'n derde – oftewel 103 vakante poste uit die 326 waarvoor begroot word. Noko Masipa, DA landbouwoordvoerder, sê dis kommerwekkend dat die land gebuk gaan onder die uitbreking van voëlgriep en hemorragiese haassiekte, met so 'n beperkte getal veeartse.

Vanjaar se brandseisoen in die Noord-Kaap verskil noemenswaardig en is meer intens as vorige jare. Data toon vanjaar het die grooste getal veldbrande in menseheugenis voorgekom. Willem Symington, Agri Noord-Kaap-president, sê dis 'n kommerwekkende tendens.

EN 

'n Gesamentlike projek is begin om leerlinge die geleentheid te bied om te leer oor die landbouwaardeketting en selfstandigheid. AfriForum, Saai en die kantoor van opperhoof Kgosi Mogakolodi Masibi van Disaneng, wes van Mahikeng in Noordwes, het hande gevat om dié projek 'n werklikheid te maak, waar sitrusbome by vier skole geplant is.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May Daphné/Corné



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.