On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Vioolsdrift-moordbeskuldigde volgende week in hof vir borgtog

───   ELSABÉ RICHARD 14:15 Fri, 03 Nov 2023

Landbounuus: Vioolsdrift-moordbeskuldigde volgende week in hof  vir borgtog | News Article
Foto: Ekaterina Bolovtsova/Pexels

Inwoners sê Japie Claassens het soos ’n kluisenaar geleef.

’n Lusernboer van Vioolsdrift wat na bewering twee besoekende vriende in sy huis doodgeskiet het, bring volgende week ’n borgtogaansoek in die landdroshof in Springbok. Inwoners sê Japie Claassens het soos ’n kluisenaar geleef. Die vriende, van wie een blykbaar 'n boer was, en hul seuns het by hom oornag op pad na Namibië.

In ander nuus, het Vrystaat Landbou se private veediefstal ondersoekers meer as 240 skape en byna 100 beeste van R1.5 miljoen teruggevind sedert die begin van dié projek. Die landbou-organisasie het in Julie met die projek in die Fezile Dabi-distrik in die Noordwes-Vrystaat begin om boere te help om veediefstalgevalle hok te slaan. Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidskomitee, sê 14 verdagtes is reeds aangekeer.

Meer as 600 ondernemings insluitend landbou-ondernemings stal hul werk uit by die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika-forum in Johannesburg. Dié handelsooreenkoms speel 'n beduidende rol in Suid-Afrika se landbousektor. Daarvolgens kan sommige lande produkte tariefvry na Amerika uitvoer. Die SA Suikervereniging se Sifiso Mhlala het op die eerste dag van die forum aan die SAUK verduidelik hoekom die Agoa-ooreenkoms verleng moet word. 

Nog gevalle van hemmoragiese haassiekte het weer in Gauteng toegeneem. Hase en konyne vrek van die siekte wat gewoonlik deur ander diere en mense versprei word. 

EN 

Dis tyd vir verbruikers om slim te koop aangesien vleispryse sal styg in die aanloop tot Kersfees. Chris Derksen, wat weekliks die veilingspryse vir lewendehawe verskaf, sê veral die pryse vir groot skape styg gewoonlik skerp in die eerste twee weke van Desember wanneer stokvelle hul skape moet koop. Hy bring ons op die hoogte van die lewendehawe-pryse per kilogram.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May daphné/Corné




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.