Agriculture
Wolmark volg afwaartse neiging in Australiese mark─── ELSABÉ RICHARD 14:42 Fri, 03 Nov 2023
Die hoogste prys op die OVK-veiling van R152,80/kg (skoonprys R208,68/kg), is behaal vir ‘n 2 baal lot BFH van 16.7 mikron uit die skeersel van JJVN van der Merwe van die Smithfield-distrik.
Die elfde veiling van die 2023/24-wolseisoen het vandeesweek plaasgevind met ’n aanbod van 7 401 bale.
Volgens Cape Wools SA het die mark die afwaartse neiging in die Australiese mark gevolg, met verdere afwaartse druk van die sterker rand.
Juan Venter, OVK-junior wolwaardeerder, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 3,6% vir nie-RWS en 2,7% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling en op 'n skoonprys van R147,11/kg en R164,25/kg onderskeidelik gesluit.
“Op die OVK-veiling is 1 951 bale aangebied waarvan 95,03% verkoop is.
“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R152,80/kg (skoonprys R208,68/kg), is behaal vir ‘n 2 baal lot BFH van 16.7 mikron uit die skeersel van JJVN van der Merwe van die Smithfield-distrik.
“Die koper was Standard Wool SA,” sê Venter.
Kontak OVK om jou by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.
Die volgende wolveiling is vir 8 November geskeduleer waar sowat 8 441 bale aangebied sal word.
