On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Hier is vandeesweek se lewendehawe pryse

───   ELSABÉ RICHARD 08:36 Wed, 15 Nov 2023

Hier is vandeesweek se lewendehawe pryse | News Article
Foto deur Gilmer Diaz Estela/Pexels.

Die Noord-Vrystaat word as ’n indeksgebied gebruik.

’n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. 

Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. 

Die Noord-Vrystaat word as ’n indeksgebied gebruik. 

Sien onderstaande PODCAST

Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R37,60 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R36,04 per kg, en speenkalwers oor 250kg, teen R32,30 per kg verkoop het.

Ander veilingspryse vir beeste:

A-klas beeste
R29,50 per kg






B-klas beeste
-






C-klas vet koeie
R24,15 per kg






Maer koeie
R21,52 per kg

Slagbulle
R26,44 per kg














Skape







Stoorlammers
R38,80 per kg






Slaglammers
R39,10 per kg






Stoorskape
R28,60 per kg






Vetskape
R31,23 per kg














Bokke







Lammers
R49,04 per kg






Ooie
R40,30 per kg














Vir meer inligting besoek vleisprys.co.za.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.