On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Wat is nuut in Farmer's Weekly?

───   ELSABÉ RICHARD 10:00 Fri, 17 Nov 2023

Wat is nuut in Farmer's Weekly? | News Article
Foto: Pexels/Burak The Weekender

Die belasting vereis ook dat produsente die produkresepte herformuleer en rietsuiker met alternatiewe óf kunsmatige versoeters vervang.

Die Departement van Landbou het 'n vakaturekoers van 32% vir veeartse, wat 103 van die befondste 326 poste ongevul laat. Dié inligting is deur Noko Masipa, die DA se Landbou-skaduminister, onthul.

Thoko Didiza, minister van landbou, het in antwoord op ’n geskrewe parlementêre vraag bekend gemaak dat die goedgekeurde en begrote veeartsposte van 324 tot 326 gestyg het.

Masipa het kommer uitgespreek oor die tekort aan veeartsenykundige dokters te midde van uitbrekings van voëlgriep en hemorragiese haassiekte. Die siektes het gelei tot aansienlike verliese vir boere, met pluimveeboere wat deur uitdagings in die gesig gestaar word in die versnelde verwerking van invoerpermit-aansoeke vir bevrugte eiers. 

Die gebrek aan veeartsenykundige kapasiteit het gelei tot vertragings in die inspeksie van dié eiers.

Suikerbelasting

Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging doen 'n beroep op Enoch Godongwana, minister van finansies, om die voorgestelde verhoging in die suikerbelasting te heroorweeg na aanleiding van sy aankondiging in die Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring.

Die suikerbelasting, wat poog om die voorkoms van vetsug en diabetes te verminder, staan tans op 2,1 sent per gram suiker bo ’n drempel van vier gram per 100 milliliter. Dit kom neer op 'n heffing van ongeveer 11% op die prys van alle drankies wat suiker bevat.

Die belasting vereis ook dat produsente die produkresepte herformuleer en rietsuiker met alternatiewe óf kunsmatige versoeters vervang.

Die vereniging voer aan dat verdere verhoging van die belasting, wat vir April 2025 vasgestel is, 'n verwoestende uitwerking sal hê op landelike gemeenskappe waar werkloosheid en armoede op rekordvlakke is.

Weerstoestande

Ongunstige weerstoestande eis sy tol op die inmaakvrugte. Die 2023/24 appelkoos- en perske-oeste sal na verwagting ondergemiddeld wees en die peer-oes is effens laer. 

Jacques Jordan, uitvoerende hoof van die Inmaakvrugteprodusentevereniging, sê die komende appelkoosseisoen sal na verwagting 18% laer wees as die vorige seisoen op 26,623 ton. Die perske-oes word op 139,963 ton geraam, 7% minder as die vorige jaar.

Die bedryf het die afgelope twee jaar sowat 500 perskeboorde verloor weens die onsekerheid oor die toekoms van Langeberg & Ashton Canning en die lae winsgewendheid van inmaakperskes.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.