On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: 'Grondherverdeling-begunstigdes moet ondersteun word'

───   ELSABÉ RICHARD 14:08 Wed, 22 Nov 2023

Landbounuus: 'Grondherverdeling-begunstigdes moet ondersteun word' | News Article
Foto deur Photo by Abdul batin/Pexels.

Vumelana Advisory Fund uitvoerende hoof, Pieter Setou, sê dis selfs belangriker dat begunstigdes ondersteuning kry nadat hulle grond ontvang het.

  • Te veel plase wat verkry word deur grondherverdeling, is nie produktief nie. 'n Organisasie sonder winsoogmerk sê een van die groot uitdagings in Suid-Afrika is dat te veel klem gelê word op die herverdeling van grond. Vumelana Advisory Fund uitvoerende hoof, Pieter Setou, sê dis selfs belangriker dat begunstigdes ondersteuning kry nadat hulle grond ontvang het.
  • Boere sal baat vind by die eerste nasionale netwerk van 120 sonkrag-aangedrewe laaistasies vir elektriese motors. Die geriewe word 150km uitmekaar opgerig op plase langs hoofroetes. Zero Carbon Charge het reeds grond gebreek by Wolmaransstad in Noordwes vir sy eerste 100% hernubare energie-laaistasie.
  • Twee diewe sal onderskeidelik ses en agt jaar agter tralies deurbring nadat hulle skuldig bevind is aan veediefstal in Noordwes. Hulle is in Junie 2021 in hegtenis geneem toe inligting ontvang is oor vermoedelik gesteelde beeste by 'n gemeenskapskraal naby Ventersdorp. Polisiewoordvoerder, Aafje Bothma, sê hulle het beslag gelê op 11 Bonsmara-beeste met nuwe handelsmerke.
  • Melk, eiers en kaas-inflasie het versnel tot 12,4% van 11,2% in September. Statistieke SA-syfers toon ook eierpryse het in Oktober maand-op-maand met 13,4% gestyg. Prys Statistieke-direkteur, Marietjie Bennett, sê die slagting van miljoene hoenders het tot marktekorte en paniekaankope van benoude verbruikers gelei.
    EN
  • Wêreld Visseryedag moet ’n mens herinner aan uitdagings soos oorbevissing, besoedeling en klimaatsverandering moet ook aandag kry. Dié dag is gister gedenk en werp ook lig op die lewensbelangrike rol wat visserye speel in voedselsekerheid en om ’n bestaan te bied aan miljoene mense wêreldwyd.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May Corné






@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.