Agriculture
Neerslae van tot 15mm verwag, maar somergraanboere benodig meer─── ELSABÉ RICHARD 08:00 Thu, 30 Nov 2023

Somergraanboere wat hoofsaaklik wes van die N1 geleë is benodig ten minste 30mm reën om aanplantings voort te sit.
Die goeie nuus is dat daar ligte reën oor dele van Sentraal-Suid-Afrika in die afsienbare toekoms kan voorkom. Dit sal bietjie verligting bring te midde van die versengende temperature.
Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê weervooruitsigte toon dat neerslae in die tweede week van Desember verwag kan word. Daar word egter net sowat 15mm reën verwag.
Hy sê dit sal nog nie genoeg wees vir veral somergraanboere wat hoofsaaklik wes van die N1 geleë is om aanplantings te kan doen nie. Dié boere benodig ten minste meer as 30mm reën om aanplantings voort te sit.
El Niño
“Daar is aanduidings dat [die El Niño] begin Desember dalk 'n piek gaan bereik. So, dit is die draaipunt, maar dat dit gaan aanhou tot ten minste Maart/April volgende jaar.
“So, baie hoë temperature wat kan voortduur veral oor die sentrale na westelike dele tot, kom ons sê, die eerste week van Desember,” sê Van den Berg.
Hoewel koeler temperature verwag word, sê dié landbouweerkundige baie hoë temperature sal vir die res van die somerseisoen voortduur.
Temperature in die tweede deel van die seisoen kan egter verbeter indien die El Niño verswak.