On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Agriculture

Wolseisoen sluit met duisende bale af

───   ELSABÉ RICHARD 07:57 Fri, 01 Dec 2023

Wolseisoen sluit met duisende bale af | News Article
Foto deur OVK/Facebook.

Die volgende wolveiling is vir 10 Januarie geskeduleer.

Die 15de en finale wolveiling voor die Kersfees-reses het plaasgevind met 'n aanbod van byna 14 000 bale. 

Cape Wools SA sê die Suid-Afrikaanse geldeenheid het tydens vandeesweek se veiling teen veranderlike vlakke verhandel en het versterk tot gemiddeld 0,8% teenoor die Amerikaanse dollar.

Die aanbieding het bestaan uit goeie kwaliteit wol, met 64% van die aanbieding wat 20 mikron en fyner getoets het, en 49,3% van die merinowol wat aangebied is, was volhoubaar gesertifiseer.

Juan Venter, OVK-junior wolwaardeerder, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het met 1,4% vir nie-RWS en 1,1% vir RWS wol gedaal teenoor die vorige veiling en op 'n skoonprys van R154,15/kg en R174,31/kg onderskeidelik gesluit.

“Op die OVK-veiling is 4 612 bale aangebied waarvan 98,31% verkoop is.

“Die hoogste prys op die OVK-veiling van R187,60/kg (skoonprys: R240.80/kg), is behaal vir ‘n 2 baal lot BH van 16.2 mikron uit die skeersel van Edcot Trust, vanuit die Stutterheim-distrik. Die koper was Standard Wools SA,” sê Venter.

Kontak OVK om jou by te staan in die RWS-sertifiseringsproses. 

Die volgende wolveiling is vir 10 Januarie geskeduleer.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May Corné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.