On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Agriculture

Beurtkrag, kommoditeitspryse uitdagings in voerbedryf

───   05:00 Mon, 04 Dec 2023

Beurtkrag, kommoditeitspryse uitdagings in voerbedryf | News Article
Joubert Wentzel. Foto: NUTRI Feeds

Soos wat die jaar einde se kant toe staan, hoor OFM Agri van verskeie rolspelers in die landboubedryf in Sentraal Suid-Afrika om te hoor hoe hulle die jaar ervaar het.

OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met NutriFeeds direkteur Joubert Wentzel.

Wentzel sê, soos met die meeste voermaatskappye en ander vervaardigingsbesighede, was die afgelope jaar vol uitdagings.

Planmakers help prysstygings beperk

“Ons is egter dankbaar vir ‘n bekwame en kundige tegnies- en formuleringspan, wat saam met ons rou materiaal-aankoopspan kon verseker dat ons prysverhogings van ons produkte tot ‘n minimum kon beperk.”

Winste was ook, soos meeste landboumaatskappye onder druk as gevolg van verskeie faktore soos die kragsituasie, kommoditeitspryse en voëlgriep.

Elektrisiteitgebrek, kommoditeitspryse beïnvloed wins

Wentzel vertel ‘n gebrekkige elektrisiteitstoevoer het ‘n geweldige uitwerking op effektiwiteit gehad. “Die direkte en indirekte koste van beurtkrag vir NUTRI Feeds die afgelope finansiële jaar was ongeveer R35 miljoen. Ons is egter in die gelukkige posisie dat ons kragopwekkers by al ons aanlegte het met genoeg kragopwekkingsvermoë om ons kliënte tydens beurtkrag te bedien.”

Kommoditeitspryse, hoofsaaklik mielie en soja-oliekoekpryse, wat verantwoordelik is vir ‘n groot deel van voerpryse, het ook ‘n rol gespeel. “Die groot drywers van die pryse is die onvoorspelbaarheid en verswakking van die rand en internasionale pryse van rou materiale.”

Die uitbreking van voëlgriep het ook ‘n reuse impak op NUTRI Feeds se kliënte se finansiële situasie gehad. “Daaroor het ons min beheer gehad. Hopelik sal die situasie vorentoe verbeter en kan ons uitsien na ‘n beter jaar wat dit aanbetref.”


NUTRI Feeds se hoofkantoor is in  Potchefstroom, en vorm deel van die Country Bird Holdings-groep,  In Suid-Afrika het hul vier fabrieke - Viljoenskroon, Lichtenburg, Marble Hall, en Bloemfontein, asook verskeie fabrieke in die res van Afrika.

“Ons geïntegreerde verkope aan ons susters maatskappy Supreme Poultry wat ook deel is van die Country Bird Holdings-groep, maak rofweg 50% van ons totale verkope uit.”

Die res van NUTRI Feeds se besigheid is hoofsaaklik monogastries, maar is ook sterk gefokus op die herkouermark en op die verspreidingsnetwerke van Landboumaatskappye wat produkte herverkoop aan die boere.orné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.