Agriculture
Veiligheidswenke op die plaas hierdie feesseisoen─── ELZETTE BOUCHER 05:00 Mon, 11 Dec 2023
‘n Alarmstelsel, veiligheidshek wat slaapgedeeltes in woning afsper en ‘n klein hondjie wat ‘n keel kan opsit binne die huis kan boere help beskerm hierdie feesseisoen.
Kobus Visser, Agri SA hoof van landelike veiligheid en uitvoerende beampte van die Agri Securitas Trustfonds, deel ‘n paar veiligheidsmaatreëls wat landbouers kan toepas, nie net tydens die feesseisoen nie, maar ook deurlopend:
- ‘n Goeie, werkende alarmstelsel.
- Veiligheidshek(ke) wat slaapkamers skei van res van woning.
- ‘n Klein hondjie in die huis wat alarm maak sodra onraad in huis of op werf vermoed word.
- Diefwering voor venters en hekke wat na buite toe oopmaak.
- Hou te alle tye veiligheidshekke, buitedeure gesluit.
- Onthou, jou bure gaan jou waarskynlik eerste te hulp kan snel. Maak seker julle kan met mekaar kommunikeer deur ‘n stelsel soos ‘n werkende roepradio, veral wanneer selfoonsein ontbreek.
- Wees waaksaam en rapporteer verdagte persone en optrede aan polisie.
“Ons het ook gevind dat waar 'n alarm geaktiveer word en die sirene afgaan, dit gewoonlik plaasaanvallers afskrik. ’n Studie wat met gevangenes gedoen was, het ook bevestig dat 'n klein hondjie in die huis die grootste afskrikmiddel is vir hulle om nie die aanval uit te voer nie.”
Visser noem verder dat geen maatreël ‘n waarborg is dat ‘n plaasaanval nie sal plaasvind nie, maar dat dit wel vir jou tyd kan koop om hulp te ontbied, sou dit gebeur.
“Ek wil ook net vir boereverenigings erkenning gee vir al die tyd wat hulle spandeer aan veiligheidsinisiatiewe, byvoorbeeld deur die oprigting van kameras. As die misdadigers uit die dorp vlug, en die kameras hulle opspoor, kan die inligting met die polisie gedeel word.”
Visser sê veediefstal kom veral hierdie tyd van die jaar voor asook ‘n nuwe tendens, die onwettige jag met honde. Plaasinfrastruktuur kan ook gebuit en vir skroot verkoop word. Daar word ook gesien dat diere in die nag onwettig op grond gejaag word om te wei.
OFM Agri/Elzette Boucher-Krüger CG
