Agriculture
Noordwes geteister deur diensleweringsprobleme, maar boere volhard─── 13:38 Mon, 11 Dec 2023

“Diensvlakke is van so ‘n aard, in sommige omstandighede bestaan dit nie eens meer nie.”
Theo Rabe, hoof uitvoerende beampte van NWK, gee ‘n oorsig van 2023 aan OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger.
“Dis nou jammer om te sê, maar ek dink die regering op alle vlakke begin vir ons plattelandse besighede een van die grootste risiko's raak en dis op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak. Ons sukkel met water in ons dorpe. Paaie val uit mekaar. Elektrisiteitstoevoer is een van die grootste probleme waarmee ons sukkel in die Noordwes-provinsie.”
Die maatskappy het egter ook goeie nuus gehad om te deel in 2023.
“In ons 114 jaar se bestaan is die grootste sukses dat NWK ons grootste wins in die geskiedenis kon realiseer. Landbou se bydrae weerspieël in ons besigheid. As die produsente goed doen, dan doen ons as landboubesigheid ook goed.”
Rabe noem verder dat die NWK slimfoontoepassing verder in 2023 uitgebrei is en dat hulle ook begin het om hul hommeltuigtegnologie-aanbieding te verbeter.