Agriculture
LUISTER: Agri SA gee leierskapsraad vir veranderende landbou-omgewing─── 15:00 Fri, 15 Dec 2023
Om seker te maak dat boere positief bly in Suid-Afrika is een van Agri SA se grootste uitdagings.
Johan Kotzé, uitvoerende hoof, meen die rol van georganiseerde landbou is besig om te verander. Elsabé Richard-May van OFM Agri het met hom gepraat.
“Ek dink dis geweldig belangrik vir landbouleiers om seker te maak dat ons nooit die geloof verloor wat ons het nie, want dit is wat landbou in Suid-Afrika so uniek maak – die onwrikbare geloof om te kan oorkom.”
Kotzé sê die sagter tipe konsepte kry nie altyd genoeg aandag nie. Leierskap is geneig om meer fokus te plaas op die rasionele harde werklikheidhede waarmee produsente te kampe het.
“Die emosionele kant van ’n boer is geweldig belangrik. Ons moet ook met hul vroue praat, want hulle speel ’n belangrike rol in 'n boer se lewe. En dan die boer self ook, hoe dit met hom gaan.”
