On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride James
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

’n Toekoms in landbou vir leerders

───   05:00 Wed, 17 Jan 2024

’n Toekoms in landbou vir leerders | News Article
Foto: Getty Images

Jong voornemende boere hoef nie meer te wag totdat hul skoolopleiding voltooi is voordat hulle blootstelling aan landbou-opleiding ontvang nie.

Dis nie net meer die sogenaamde landbouskole wat beskik oor landboukurrikulums nie, maar ook akademiese skole.

In Sentraal-Suid-Afrika is van hierdie skole onderbmeer Hoërskool Schweizer-Reneke, Vereeniging Gimnasium en Hoërskool Witteberg in Bethlehem.

Hoërskool Witteberg spog vanjaar met ’n volle landboukurrikulum en hoop om daarmee hul leerlinge voor te berei vir ’n toekoms in die bedryf.

Vanaf 2023 bied die skool landboutegnologie en landbouwetenskap aan vir leerders in graad 10 - 12, met die verdere uitbreiding van landboustudies in 2024 vir die jonger leerders in graad 8 en 9. Landboubestuurspraktyk het vanjaar reeds begin vir leerders in graad 10, en het reeds groot belangstelling.

Hannes Oosthuizen, skoolhoof van Hoërskool Witteberg, hoop om met die byvoeging van die vakke tot die skool se bestaande kurrikulum ’n liefde vir landbou onder die leerders te kweek.

Hy glo dat hierdie vakke nie net kennis oordra nie, maar ook ’n passie vir die landbousektor aanwakker. Hierdeur word die leerders nie net akademies voorberei nie, maar hulle word ook uitgerus om suksesvolle loopbane in landbou te volg.

Die skool se toewyding tot die landbousektor gaan verder met die stigting van hul eie landbouvereniging gepaard. Hierdie vereniging is daar om die leerders te ondersteun, onderrig te gee, en om ’n gemeenskap van toekomstige leiers in die landbou te bou.

OFM Agri/Robyn Schutte cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.