On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Rooivleis behaal steeds lae pryse

───   05:00 Thu, 25 Jan 2024

Rooivleis behaal steeds lae pryse | News Article
Foto: Getty Images

Daar is nie vandeesweek goeie nuus vir die rooivleisbedryf nie met laer vraag wat pryse onder druk gehou het.

Volgens AMT se Johnny van der Merwe verhandel die gemiddelde speenkalfprys op R36.07 met die hoogste prys steeds in Mpumalanga op R37. “Ons kan moontlik tot begin Februarie nog huidige prysvlakke sien. Ons begin nou in 'n speentydperk inbeweeg, wat gewoonlik baie druk op pryse sit.”

Hy verwag dus dat hierdie speenkalfprys afwaarts kan begin neig in Februarie en Maart en dan op ’n laer vlak moontlik bly in April en Mei.

“Tans lyk dit of pryse rondom die R32-merk kan ondersteuning kry tydens die middel van die jaar.”

Die nuutste nasionale gemiddelde stoorlam prys staan tans op R36.80 terwyl die prys in die noordelike en Oostelike Vrystaat gedaal het na R38.42.

“Pryse kan nou moontlik stelselmatig opwaarts neig tot einde van Mei en dan skerp styg in Junie en Julie soos aanbod ook oor daardie tydperk baie beperk is.”

Hoendervleispryse het weer gedaal oor die laaste week met die gevriesde prys nou op R36. “Seisoenale tendense dui aan dat ons laer pryse in Februarie kan verwag en dan moontlik ’n klein styging vanaf Maart tot Mei kan sien terwyl pryse tradisioneel ’n laagtepunt elke jaar bereik vanaf Junie tot Augustus.”

Vleisvarkpryse daal na R32.58 en pryse behoort nou in ’n stelselmatige afwaartse tendens te bly oor die eerste helfte van die jaar weens ’n laer vraag wat verwag word.

Intussen vertel Chris Derksen, wat weekliks verslag lewer oor vleispryse in die Noord-Vrystaat, dat daar tans ’n groot gaping tussen verkope sonder BTW en met BTW registrasie is.

“Wat baie interessant is, is dat indien die verkoper nie vir BTW geregistreer is nie, gaan skape aansienlik meer per kilogram kos as wanneer hulle ’n verkoper het wat geregistreer is. Die rede daarvoor is dat die kopers van skape dikwels in die informele mark handel dryf en nie vir BTW geregistreer is nie.”

Vleispryse in die Noord-Vrystaat vir die week geëindig 24 Januarie 2024, lyk as volg:

Bees

  • Speenkalwers < 200kg R/kg 36.10 -0.93%
  • Speenkalwers 200-250kg R/kg 35.50 +0.14%
  • Speenkalwers > 250kg R/kg 34.06 -3.02%
  • A klasR/kg 28.50 -0.21%
  • B klas R/kg Geen 
  • C klas vetkoeie R/kg 23.80 -1.24%
  • C klas maerkoeie R/kg 21.21 -0.33%
  • Slagbulle R/kg 26.22 +0.08%

Skaap

  • Stoorlammers R/kg 36.55 -6.90%
  • Slaglammers R/kg 37.12 -4.82%
  • Stoorskape R/kg 35.02 -7.84%
  • Vetskape  R/kg  33.07 +2.96%

Bokke

  • Lammers R/kg 69.70 +14.08%
  • Bokooi R/kg 49.66 +9.99%

Alle pryse sluit BTW uit en is per kg, lewendige gewig (Noord-Vrystaat).

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.