On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Vermeende veedief van Schweizer-Reneke doen Dinsdag aansoek om borgtog

───   15:04 Fri, 26 Jan 2024

Vermeende veedief van Schweizer-Reneke doen Dinsdag aansoek om borgtog | News Article

“Die polisie het tydens hul ondersoek van die beeste vasgestel dat hulle onlangs gebrandmerk is met die brandmerk wat geregistreer is in die naam van die passasier in die vragmotor.”

’n Vermeende veedief van Noordwes bly in polisieaanhouding tot hy na verwagting Dinsdag (30/1) om borgtog sal aansoek doen.

Mosimanegape Vincent Lekaota (31) het Donderdag (25/1) in die landdroshof in Klerksdorp verskyn vir die besit van vermoedelik gesteelde vee, sê Sabata Mokgwabone, Noordwes-polisiewoordvoerder.

Hy is Maandag in hegtenis geneem nadat lede van Stilfontein se eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies inligting opgevolg het oor beeste wat in die omgewing van Schweizer-Reneke gesteel is en op pad was om opgeveil te word in Gauteng. ’n Wit Hino-vragmotor is voorgekeer op die pad tussen Dominionville en Hartbeesfontein met 23 beeste ter waarde van R194 000.


Die 23 beeste ter waarde van R194 000 is naby Schweizer-Reneke gesteel. Foto verskaf

Die polisie het tydens hul ondersoek van die beeste vasgestel dat hulle onlangs gebrandmerk is met die brandmerk wat geregistreer is in die naam van die passasier in die vragmotor, sê Mokgwabone. “Verdere ondersoek het gelei tot die positiewe identifikasie van die regmatige eienaar van Schweizer-Reneke. Die passasier is toe in hegtenis geneem.”

Sello Kwena, Noordwes-polisiekommissaris, loof al die betrokke wetstoepassers vir hul harde werk om te verseker dat die beskuldigde aan die man gebring en die gesteelde beeste terugbesorg word.

OFM Nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.