On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaatse landbouprojek mik na 18 000 ton appels, werkskepping – VIDEO

───   06:26 Wed, 31 Jan 2024

Vrystaatse landbouprojek mik na 18 000 ton appels, werkskepping  – VIDEO | News Article
Werkers van Stead Fast Growers besig om appels te verpak. Foto: Facebook

“Die Vrystaatse regering wil met ’n R10 miljoen-skenking aan appelboere in die distrik Bethlehem ekonomiese aanwakker en werk te skep.”

Verskeie rolspelers in die private en openbare sektor het onlangs die Vrystaatse Departement van Landbou se eerste appeloesdag naby Bethlehem bygewoon toe R10 miljoen aan ’n private landbouvennoot geskenk is om appelproduksie te bevorder.

Remmoho Investments in Agriculture, in vennootskap met die landboudepartement, asook die Vrystaatse Departemente van Landbou en Landelike Ontwikkeling en van Kleinsakeontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake (Destea) het die eerste Thabo Mofutsanyana-appeloesdag op die Stead Fruit Growers-plaas bygewoon.

Saki Mokoena, Vrystaatse LUR vir Landbou, tydens die Thabo Mofutsanyana-appeloesdag. Foto: Facebook

“Die inisiatief het ten doel om ekonomiese groei te stimuleer, werk te skep en die provinsie as 'n uitstekende beleggingsbestemming te posisioneer,” het Saki Mokoena, Vrystaatse LUR vir Landbou, in sy toespraak gesê.

Zimasa Mbewu, provinsiale landbouwoordvoerder, sê die tema van die dag, “Samewerking is die nuwe innovasie”, is ’n viering van die mylpaal wat bereik is met die openbare en privaat vennootskappe van dié projek.

Projek sal 300 werksgeleenthede skep

"Dit eerste fase van die Thabo Mofutsanyana-appelinisiatief het ten doel om tot 18 000 t appels per jaar te produseer. Sowat 60% van die appels sal vir die uitvoermark bestem wees terwyl die res plaaslik verkoop of as appelsap verwerk sal word.”

Die Vrystaatse regering het R10 miljoen vir die uitbreiding van die appelprojek geskenk. Foto: Facebook

Die projek sal ook werksgeleenthede skep, die kommersialisering van Oos-Vrystaatse appelboere verseker en daardeur die plattelandse ekonomie ophef.

Sodra die projek op dreef is, sal ongeveer 300 mense in diens geneem word.

OFM Nuus/Tumelo Khotha cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.