On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Aartappeloes positief in Oos-Vrystaat

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Tue, 06 Feb 2024

Aartappeloes positief in Oos-Vrystaat | News Article

Die gunstige aartappeloes bied ’n welkome geleentheid vir boere om ’n bietjie asem te skep ná verlede jaar se uitdagings weens verhoogde kunsmis- en dieselpryse.

Die aartappelbedryf in die Oos-Vrystaat speel  ’n beduidende rol in die landbou-ekonomie van Suid-Afrika, en die afgelope oesseisoen het verskeie interessante vertwikkelinge en uitdagings meegebring.

Theo Ferreira, boer van Harrismith, meen hoewel produsente tevrede is met vanjaar se oeste, dat dit nie sonder uitdagings was nie.

Hy sê die afgelope oesseisoen toon ’n gemengde prentjie. Aan die een kant het die streek geseënde weerstoestande ervaar wat gunstig was vir aartappelproduksie. Die aanhoudende reënval gedurende die groeiseisoen het gesorg vir voldoende vog en gesonde gewasontwikkeling.

Daar was ook uitdagings wat die oes beïnvloed het, gepaard met onverwagde reën en af en toe hoë temprature wat met tye kommerwekkend was.

Die gunstige aartappeloes bied ’n welkome geleentheid vir boere om ’n bietjie asem te skep ná verlede jaar se uitdagings weens verhoogde kunsmis- en dieselpryse.

“Boere het hard betaal verlede jaar, ons is nie gewoond om so baie vir diesel en kunsmis te betaal nie,” sê Ferreira.

Boere in die Oos-Vrystaat is tevrede met die aartappeloes. Foto: Gregory Rec, Getty Images

Daar is egter nog ’n aspek wat deur boere in die Oos-Vrystaat en elders in Suid-Afrika dopgehou word, naamlik die voorkoms van die peperringvlekvirus. Die onlangse uitbreking daarvan in Limpopo het beslis die aandag van die landbougemeenskap getrek. Hierdie virus kan ’n verwoestende invloed hê op aartappeloeste en kan die gehalte van die aartappels benadeel.

Die landboubedryf is ’n dinamiese sfeer waarin boere konstant moet aanpas en reageer op veranderende omstandighede. Die gesonde aartappeloes vanjaar bied ’n welkome geleentheid vir die bedryf om te herstel en floreer, maar dit is ook ’n tyd waarin waaksaamheid en samewerking van belang is om die bedryf se volhoubaarheid te verseker.


OFM/Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.