On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

#WaterWoensdag: Dring aan op drinkwater van gehalte – Beefmaster Groep

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Wed, 07 Feb 2024

 #WaterWoensdag: Dring aan op drinkwater van gehalte – Beefmaster Groep | News Article
Die jongste waterverslae toon dan van Suid-Afrika se water onveilig is om te drink. Foto: Getty Images

“Die ironie is dat skoon drinkwater ’n mensereg is.”

Die gehalte van Suid-Afrikaanse drinkwater laat dikwels veel te wense oor. Die jongste waterverslae, insluitend die Blou-, Groen- en Geendruppelverslag, toon bykans helfte van die water in Suid-Afrika is onveilig om te drink. 

Roelie van Reenen, verskaffingskettingbestuurder by die Beefmaster Groep, sê die publiek moet meer druk uitoefen vir beter watergehalte.

“Die verslae gee ons ’n kykie na die erns van die probleem, en dien as ’n belangrike vertrekpunt. Hoewel dit ’n stap is om die probleem aan te pak, is dit ontstellend dat die bevindings nie ’n meer publieke onrus uitgelok het nie, wat die dringende behoefte aan groter bewustheid en aksie aandui,” sê hy.

Die jongste verslae, wat aan die einde van 2023 uitgereik is, toon die Noord-Kaap het die hoogste persentasie drinkwaterstelsels met swak of kritieke werkverrigting (87%). Dit het verswak van 48% in 2014. Die persentasie drinkwaterstelsels met swak of kritieke prestasie in die Vrystaat het ook merkbaar verswak tussen 2014 (31%) en 2023 (59%). Sommige gebiede in Noordwes vaar nie beter nie. Die verslae toon hierdie streke het ’n baie swak prestasie en doelgerigte ingryping is nodig.

“Die ironie is dat skoon drinkwater ’n mensereg is, maar dit is nie tans ’n realiteit nie,” sê Van Reenen.

In 2023 was daar ’n uitbreking van cholera in Hammanskraal, Pretoria, wat die lewe van 23 mense geeïs het. Cholera word gekoppel aan ’n gebrek aan skoon water.

‘Individue moet verantwoordelik gehou word’

Van Reenen glo dat individue binne wanbestuurde stelsels verantwoordelik gehou moet word wanneer lewens in sulke omstandighede verloor word, veral wanneer daar ’n geskiedenis van wanbestuur is deur diegene wat verantwoordelik is vir die voorsiening van dienste.

Hy sê die hoofbedrywighede van die Beefmaster Groep is in Christiana in Noordwes en in Kimberley in die Noord-Kaap. Dié liggings is meer as 40 jaar gelede strategies deur die maatskappy gekies vanweë hul nabyheid aan goeie waterbronne. Hierdie natuurlike waterbronne word egter nou bedreig.

 “Dit is tyd vir elkeen van ons om ons stem te verhef en meer aanspreeklikheid te eis. Golwe van verandering is moontlik. Of dit nou is deur gemeenskapsinisiatiewe, ondersteuning van waterbewaringpogings, of voorspraak vir beleidsveranderinge – die publiek kan ’n verskil maak.”  

OFM/Agri dg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.