On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Vleisuitvoer na Saoedi-Arabië: Jongste stand van sake

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Tue, 13 Feb 2024

Vleisuitvoer na Saoedi-Arabië: Jongste stand van sake | News Article
Die rooivleisbedryf in Suid-Afrika sien uit om na Saoedi-Arabië te begin uitvoer. Foto:Britannica

Dr. Frikkie Maré, die nuwe uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO), sê die handelsooreenkoms is reeds goedgekeur.

Die rooivleisbedryf in Suid-Afrika hou die vooruitsigte van uitvoer na Saoedi-Arabië dop.

Dr. Frikkie Maré, die nuwe uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO), sê die handelsooreenkoms is reeds goedgekeur en ’n lys van goedgekeurde Suid-Afrikaanse uitvoerders is ook reeds vasgestel. Dit beteken die uitvoerproses sal binnekort in werking  tree.

Maré beklemtoon egter daar bestaan ’n misverstand in die mark oor die invloed van die opening van die Saoediese mark op die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf. Hoewel daar die verwagting is uitvoer die prys van vleis in die binneland sal raak, sê Maré dit nie noodwendig sal lei tot ’n drastiese prysverhoging nie. Die ware voordeel lê eerder daarin dat ’n stabiele vraag na Suid-Afrikaanse rooivleis geskep word, wat die gemiddelde prys sal ondersteun.

Wat die rol van die RPO betref oor die voorbereiding van produsente het hy geen spesifieke voorligtingsprogramme ten opsigte van die uitvoer na Saoedi-Arabië genoem nie. Die fokus is wel op die versekering van ’n goeie naspeurbaarheidstelsel om die uitvoer te ondersteun.

Die voordeel lê eerder daarin dat ’n stabiele vraag na Suid-Afrikaanse rooivleis geskep word. Foto: Riek Truter

Maré sê die uitdaging is om alle produsente te bereik, veral diegene wat nie lede van die RPO is nie. Hy verduidelik dat die RPO fokus op verskeie kommunikasiekanale, insluitend amptelike media, om alle produsente in die bedryf in te lig oor die jongste verwikkelinge.

OFM/Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.