On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Wanneer is genoeg, genoeg? – Kommer oor misdaad in Noordwes

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Thu, 22 Feb 2024

Wanneer is genoeg, genoeg? – Kommer oor misdaad in Noordwes | News Article
Die DA in Noordwes vra die staat moet dringend ingryp om misdaadsindikate te ondersoek. Foto: Getty Images

“Wanneer gaan daar van die staat se kant af aksie geneem word om die polisie op hulle mandaat te hou?"

’n Moontlik plofbare situasie is aan die broei tussen produsente en misdaadsindikate.

Carín Visser, DA-lid  in die Nasionale Raad van Provinsie, is bekommerd oor die toenemende bedreiging van georganiseerde misdaadsindikate wat veral plase en kommersiële voedselprodusente in die Noordwes teiken.

"Die misdaadsindikate het sowat 12 jaar gelede begin. Dit het onwetend uitgebrei en gevolglik het daar ’n mark ontstaan waarheen gesteelde vee en landbouprodukte gegaan het."

Die DA het reeds 20 sake by Sello Kwena, povinsiale kommissaris, ingedien en ’n dringende gespesialiseerde ondersoek versoek. Terselfdertyd is daar skriftelike vrae aan Bheki Cele, minister van polisie, gerig om duidelikheid te kry oor die aantal sake van diefstal van landbouprodukte die afgelope vyf jaar in Noordwes.

"Die omstandighede waarin die boere verkeer, in veral die Kagisano-Molopo distrik ten opsigte van veediefstal, het onuithoudbaar geword. Wanneer is genoeg genoeg? En wanneer gaan daar van die staat se kant af aksie geneem word om die polisie op hulle mandaat te hou?"

Sy noem die voorbeeld van Rasta Kenosi, wat daarvan beskuldig word dat hy ’n veediefstalsindikaat in Noordwes bedryf, maar telke male op borgtog vrygelaat was. Kenosi verskyn Vrydag (23/2) in die hof op aanklag van veediefstal.

Misdaadsindikate steel selfs trekkers in Noordwes. Foto: Getty Images

Sy sê misdaadsindikate buit ook baie landbouprodukte. "Hulle steel saad, kunsmis, diesel, pesdoders, onkruiddoders, en selfs trekkers."

Sy beklemtoon hierdie misdade berokken finansiële skade en is ’n bedreiging vir voedselsekuriteit. Hierdie misdaadsindikate maak misbruik van die tekort aan hulpbronne in landelike gebiede, wat lei tot die voortslepende siklus van aanvalle sonder voldoende strafregtelike optrede.


OFM/Agri dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.