On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

#WaterWoensdag: Gewone burgers word rare helde

───   04:00 Wed, 28 Feb 2024

#WaterWoensdag: Gewone burgers word rare helde | News Article
Water Heroes sit self skouer aan die wiel om dinge te laat werk.

Water Heroes, ’n inisiatief gebore uit nood toe ’n Oos-Vrystaatse dorp vir meer as twee maande sonder water gesit het, se doel is eenvoudig – bou weer op wat gebreek is en werk saam om die hele gemeenskap te dien.

Samuel Twala en Petrus van Eeden het onlangs hul storie op die “Oplossings vir die Suid-Afrikaanse Platteland”-kongres, wat deur Landbouweekblad en Senwes op NAMPO Park buite Bothaville aangebied is, gedeel.

Ná 40 dae sonder water op Harrismith het Van Eeden, ’n besproeiingsboer, gaan ondersoek instel en Twala by die suiweringsaanleg ontmoet. Dié twee het toe as’t ware self ingespring.

Water Heroes het verlede jaar nege maande toegesien dat Harrismith water het, probleme met elektristiteit opgelos en vullis verwyder. Nuwe munisipale bestuur verhoed hulle nou egter om met die werk voort te gaan.

“Ons soek dienste, nie politiek nie. Julle kan die politiekery vir daarbo hou, maar gee vir ons net dienslewering. Hier onder, op voetsoolvlak, is dienste al wat ons soek,” vertel Twala.

Van Eeden meen dis baie belangrik om in die gemeenskap betrokke te wees, “Om te help soek na oplossings, al is jy ’n boer en nie een van die dorp se inwoners nie. Ons is almal saam in hierdie land. Ons moet saamstaan en saamwerk.”

Water Heroes se uitgangspunt is dat waterinfrastruktuur nie aan die munisipaliteit behoort nie, maar sy inwoners.

Hulle maak gebruik van die tegniese vaardighede onder gemeenskapslede en ontvang boumateriaal van plaaslike ondernemings. Dis hoe hulle ontwikkelingsiniasiatiewe wat onder meer afvalverwydering, die skoonmaak van stortingsterreine, herstel van kragtoever en voorsiening van skoon water insluit, van stapel kan stuur.

Deur saam aan ’n gemeenskaplike doel te werk, word hindernisse vir eenheidvorming uit die weg geruim en ’n grondslag vir toekomstige vennootskappe geskep.

OFM Agri cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.