Agriculture
Min reën, versengende hitte slegte nuus vir landbousektor─── 04:00 Tue, 05 Mar 2024
“Die vooruitsigte vir die komende twee weke dui op min reënval en versengende hitte.”
Johan van den Berg, onafhanklike weerkundige, werp ’n somber blik op weervooruitsigte vir Suid-Afrika op lang termyn.
In Februarie was daar min reënval en hittegolftoestande in die binneland wat ’n kommerwekkende voorspelling is op kort termyn. Die vooruitsigte vir die komende twee weke dui op min reënval en versengende hitte, wat ’n nadelige uitwerking kan hê op die landboubedryf.
Van den Berg beklemtoon die moontlike invloed van die El Niño-weerverskynsel wat ’n droë Februarie en Maart beteken. Die voorspelling vir die komende maande is egter nie rooskleurig wat reënval betref nie. Boere is onder toenemende druk, veral vir somergrane en weidingstoestande, wat ’n beduidende invloed op die landbou-ekonomie kan hê.
‘Produsente bly positief’
Die uitdagende droogtetoestande maak dit vir boere noodsaaklik om strategiese maatreëls te tref om hul plase te beskerm om die invloed van die droogte te versag. Produsente bly egter optimisties en hoopvol dat die weersomstandighede sal verander en die reënval sal verbeter om die landboubedryf te ondersteun.
OFM/Agri dg
