On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Agriculture

Bonsmara SA vier 60ste bestaansjaar

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Tue, 12 Mar 2024

Bonsmara SA vier 60ste bestaansjaar  | News Article
Bonsmara SA vier sy 60ste bestaansjaar met ’n reeks geleenthede en vieringe. FOTO: Bonsmara SA

Bonsmara SA vier sy 60ste bestaansjaar met ’n reeks geleenthede en vieringe.

Bonsmara SA vier sy 60ste bestaansjaar met ’n reeks geleenthede en vieringe.

Hoof uitvoerende bestuurder van Bonsmara SA, Louis Steyl, vertel sedert die organisasie se ontstaan het dit ’n prominente rol gespeel in die bevordering van die Bonsmara-ras en die ondersteuning van kommersiële telers regoor Suid-Afrika.

"Dit is vir ons ’n voorreg om die Bonsmara-handelsmerk te dra en die sukses van die ras te vier,” vertel Steyl, wat ook die betrokkenheid van die lede beklemtoon en hulle bedank vir hul bydraes tot die bemarking van die ras en die bevordering van die Bonsmara-naam.

Die viering is ’n geleentheid om die toewyding en harde werk van die Bonsmara-gemeenskap te vier. Dit is ’n herinnering aan die impak wat die ras oor die afgelope 60 jaar op die beesbedryf gehad het, asook ’n blik op die toekoms van Bonsmara SA in die komende dekades.

Die hoogtepunt van die viering is ’n reeks gebeure wat oor drie dae strek, met die   Bonsmara Classic, 'n gholfdag by Val de Grace in Parys, waarna ’n gesellige funksie met prysuitdelings volg.

Die viering sal voortduur met ’n reeks ander geleenthede, insluitend ’n algemene jaarvergadering, ’n dinee ter viering van die 60ste bestaansjaar, ’n rooiras-geleentheid, en ’n nasionale Bonsmara SA-veiling.

OFM/Agri cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.