On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Tref maatreëls vir plaasveiligheid voor langnaweek

───   18:38 Tue, 26 Mar 2024

Tref maatreëls vir plaasveiligheid voor langnaweek | News Article
Foto: Getty Images

“Jy kan selfs ’n boete kry omdat jy hulle nie merk nie.”

Die komende Paasnaweek bring ’n welkome blaaskans, maar bied ook aan misdadigers die geleentheid om op eiendom toe te slaan, veral in die kwesbare landelike gebiede.

Isabel Kruger van Vrystaat Landbou se teenveediefstaleenheid moedig produsente aan om seker te maak hul diere is veiligs. “Vra van jou bure om dalk patrollies te kom ry, of dat hulle meer paraat moet wees as jy nie op die plaas is nie.”

‘97% van inligting kom van jou eie mense’

Sy sê mense wat op die plaas agterbly om na die diere om sien moet betroubaar wees. “Ons sien met poligraaftoetse dat soveel as 97% van die inligting van jou eie mense kom. Op ’n manier word hierdie inligting tog weggegee en weet misdadigers jy’s nie op die plaas nie.

Kruger vra veeboere moet sorg dat hul diere gemerk is. Sy sê dit gebeur dikwels dat skape, beeste en bokke gevind word, maar dat daar geen geen tatoeëer- en geen oormerke op hulle is nie. “Dis die grootste klagte wat ons van die polisie kry. Hoe moet hulle die eienaar opspoor?”

Sy herinner eienaars dat hulle volgens die Wet op Identifikasie verplig word om hul diere te merk. “Jy kan selfs ’n boete kry omdat jy hulle nie merk nie.”

Dit is belangrik om jou vee te brandmerk. Foto: Pixabay

Eienaars moet ook onthou om hul kontakbesonderhede gereeld op te dateer. “Maak seker die registrateur van brandmerke het jou regte telefoonnommer. Baie keer kry ons diere terug en as daar ’n brandmerk is, dan bestaan die telefoonnommer nie meer nie.”

OFM Agri/Johan Gunter dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.