On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

TikTok-ster van Welkom se kop staan na Kanada

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Thu, 28 Mar 2024

TikTok-ster van Welkom  se kop staan na Kanada | News Article
Bianca Janse van Rensburg deel haar ervaring op die plaas met haar duisende TikTok-volgelinge. Foto verskaf

Bianca, ook bekend as @Vrystaat_Bianca op TikTok, deel haar ervarings op die plaas met haar 30 800 volgelinge.

Vanaf die uitgestrekte lande van die Vrystaat na die digitale wêreld van TikTok, maak Bianca Janse van Rensburg opslae met haar avonture op die plaas. Met ’n trekker as haar ateljee en ’n kudde van 30 800 volgelinge, het hierdie jong boer ’n nuwe betekenis aan plaaslewe gegee.

Bianca, ook bekend as @Vrystaat_Bianca op TikTok, deel haar ervarings op die plaas met haar 30 800 volgelinge. "Ek het dit eintlik gedoen uit snaaksheid," erken sy. "Ons het gedink ons gaan bietjie ietsie doen om mense te wys wat van ons op die plaas doen."

Bianca het haar TikTok-reis begin terwyl sy ure lank in die trekker deurgebring het. Haar eenvoudige, alledaagse plaasavonture is meer as  ’n halfmiljoen keer gekyk, selfs vir die kleinste dinge. "Dis altyd die simpelste goedjies wat ’n mens doen wat ander mense laat lag," sê sy.

@vrystaat_bianca Regte greece apie#SAMA28 #foryoupage #plaas #southafrica #vrystaat #foryoupage #foryoupage ? Boeregirl - Bok van Blerk

Die deelname aan die Smaakmaker-toekennings was ’n groot verrassing vir haar. "’n Paar jaar gelede sou ek vir jou gelag het as jy sou sê ek is ’n ‘influencer’," erken Bianca. Sy voeg egter by dat sy nie ’n lewe uit sosiale media maak nie, en dit bloot net doen om meer van haar wêreld te deel. Haar ervaring as finalis in die Smaakmaker-kompetisie was egter opwindend, en ’n fantastiese geleentheid om skouers te skuur met van die ander finaliste met wie sy nog net aanlyn kennis gemaak het.

Bianca werk op haar ouers se plaas, Bosluisspruit buite Welkom, terwyl sy wag vir haar visum om in Kanada op ’n plaas te gaan werk.

En wat gaan word van @Vrystaat_Bianca in die koue Kanada? “Nee”, skerts sy, “ek gaan aanhou video’s maak. Ek dink dis belangrik op my ervaring daar ook te deel!”

OFM/Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.