On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Nolwethu
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Beter vleispryse wink

───   08:47 Wed, 17 Apr 2024

Beter vleispryse wink | News Article
Foto: Getty Images

“Dit lyk regtig of ons nou ’n draaipunt bereik het en ons moontlik van hier af weer kan sien dat pryse stelselmatig opwaarts kan neig.”

Daar is vandeesweek beter nuus vir skaap- en beesboere vanaf die vleismark. Ontleders glo speenkalf- en stoorlampryse begin ’n draaipunt bereik om weer opwaarts te neig.

Dr. Johnny van der Merwe, landbou-ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit en die besturende direkteur van Amtrends, sê die jongste gemiddelde speenkalfprys het met 3% tot R31,45 gestyg. 

‘Die meeste streekspryse het ook gestyg’

“Dit lyk regtig of ons nou ’n draaipunt bereik het en ons moontlik van hier af weer kan sien dat pryse stelselmatig opwaarts kan neig. Die meeste streekspryse het ook gestyg met die prys in die Noord-Kaap nou op R30,08 en die hoogste prys in Mpumalanga op R34.”

Van der Merwe sê ’n foto is op WhatsApp versprei waar die inkomste en koste met 2017 vergelyk word. “Ek kan nie regtig die koste bevestig nie, maar die syfers lyk redelik akkuraat.”

Die vergelyking moet in konteks geplaas word. “As ons speenkalfpryse met 2019 en 2020 gaan vergelyk, was dit nog laer as in 2017 en is dit ongelukkig afhanklik van seisoenale bewegings. Speenkalfpryse het in Junie 2019 teen R24,70 verhandel weens die geweldige droë omstandighede daardie tyd.”

Lampryse kan stelselmatig styg. Foto: Pexels

Van der Merwe sê die geweldige druk op verbruikers plaas ook druk op pryse en daar is sprake dat rentekoerse dalk binnekort met sowat 25 basispunte opwaarts aangepas kan word. 

In die Kaap het die jongste stoorlamprys met 2% tot R37,25 gestyg en in Noordwes is die prys hoër op R37,27. “’n Jaar gelede het lampryse 8% hoër verhandel en lyk dit of pryse stelselmatig kan begin opwaarts neig tot die R40-merk wat ons moontlik teen einde Mei weer kan sien,” sê hy.

OFM Agri mvh/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.