On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Boere transformeer landbouondernemings om tegnoslim te wees

───   11:52 Wed, 15 May 2024

Boere transformeer landbouondernemings om tegnoslim te wees | News Article
Foto: Getty Images

“Hulle soek ook geleenthede om hulself met kennis, toerusting en vaardighede te bemagtig.”

Suid-Afrikaanse produsente staan nie terug as dit by die gebruik van tegnologie kom nie. “Om in tegnologie te belê, is stilweg besig om boere se ondernemings te verander,” sê Brendan Jacobs, hoof van landbouondernemings by Standard Bank Suid-Afrika. 

Suid-Afrikaanse boere is aktief besig om hul landbouondernemings te transformeer om tegnologies vaardig te wees. Data, digitale hulpmiddels, en die vermoë om inligting reg te gebruik is deesdae net so belangrik soos enige ander inset.

Jacobs sê digitale en data-innovasie op plaasvlak bevoordeel die hele landbouwaardeketting, met alle rolspelers, van finansiers tot uitvoerders tot kleinhandelaars wat saamwerk. “Die gebruik van tegnologie om doeltreffendheid te verhoog, help om produksie en winsgewendheid te verhoog deur boere in staat te stel om ingeligte besluite te neem in alle stadiums van die produksieproses.”

Boere in Suid-Afrika is al meer aangewese op tegnologie. Foto: Pixabay

Hierdie voortgesette transformasie beteken produsente is toenemend bewus van die jongste tegnologie wat beskikbaar is vir besproeiing, alternatiewe verbouingsmetodes en genetika om voedselsekerheid vir nagenoeg 140 miljoen mense op die vasteland te verbeter.

Hulle soek ook geleenthede om hulself met kennis, toerusting en vaardighede te bemagtig. Een hiervan is Graan SA se NAMPO Oesdag, wat ook vanjaar onder die tema: “Landbou in ’n digitale era” plaasvind.

Jacobs meen hierdie digitale landbou-renaissance noop finansiële instellings om landbouers bystand te bied deur innovering en digitalisering in die waardeketting met nuwe sakemodelle te bewerkstellig, proaktief klimaatsverandering en produksieprobleme met nuwe finansiële produkte aan te pak. Standard Bank se OneFarm- inisiatief ondersteun digitale tegnologie en volhoubare boerderypraktyke.

OFM Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.