On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Nadine
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Steenhuisen lewer bemoedigende boodskap by Agri Oos-Kaap se kongres

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Thu, 01 Aug 2024

Steenhuisen lewer bemoedigende boodskap by Agri Oos-Kaap se kongres | News Article
John Steenhuisen, minister van landbou, by die Agri-Oos-Kaap-kongres in Jeffreysbaai. Foto verskaf

“Ek glo vas dat indien ons Suid-Afrika gaan verbeter, dit in die landboubedryf gaan begin.”

Die Agri Oos-Kaap-kongres het vandag (31/7) in Jeffreysbaai begin en is die eerste amptelike georganiseerde landboukongres wat John Steenhuisen, minister van landbou, in Suid-Afrika bygewoon het. In sy toespraak het Steenhuisen ’n boodskap van bemoediging gedeel en verduidelik waarom hy op die landbouportefeulje besluit het.

‘Vooruitsigte vir hervorming en verandering is nou daar’

Steenhuisen het gesê: “Dit is ’n groot oomblik vir Suid-Afrika. Dit is regtig ’n geleentheid vir ons om ’n geweldige verandering te sien. Ons het nou ’n regering van nasionale eenheid, wat ’n oorweldigende meerderheid in die Nasionale Vergadering het. Die vooruitsigte vir ware hervorming en verandering is nou daar.”

Hy beklemtoon dat die landbouportefeulje gekies is omdat hy glo dat verandering in Suid-Afrika by die landboubedryf moet begin. “Ek het dit vir ’n baie belangrike rede gekies. “Ek glo vas dat indien ons Suid-Afrika gaan verbeter, dit in die landboubedryf gaan begin.”


Steenhuisen het ook die belangrikheid van landbou in die ekonomie en werkskepping onderstreep. “Ons het ’n 42%-werkloosheidsyfer op die uitgebreide maatstaf in Suid-Afrika. Landbou kan groot getalle ongeskoolde werkers in diens neem.”  

Hy het die kongresgangers aangemoedig om saam te werk en die landboubedryf te ondersteun. “Die bedryf, boere en werkers het vir ons gewys dat hulle kan slaag, ongeag hoe moeilik die tye is. Taai tye hou nooit aan nie, maar taai mense wel.”  

Steenhuisen sal volgende week die Vrystaat Landbou-kongres in Bloemfontein besoek.

OFM Agri/Robyn Schutte dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.