On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night OFM
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Vroue in Landbou: OVK se Christel Basson leef haar passie uit

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Tue, 06 Aug 2024

Vroue in Landbou: OVK se Christel Basson leef haar passie uit  | News Article
Christel Basson. Foto verskaf

“Een van die grootste lesse wat Basson in die landbousektor geleer het, is die kompleksiteit en diversiteit van boerdery.”

Christel Basson, die bemarkings- en kommunikasiebestuurder by OVK, het met 18 jaar se ervaring in die media vier jaar gelede by OVK aangesluit. Haar passie vir landbou en ’n diepgewortelde liefde vir die Karoo het haar aangetrek na hierdie sektor. Basson is ook ’n motiveringspreker en skrywer. 

Haar eerste blootstelling aan landbou het plaasgevind terwyl sy in die media gewerk, asook haar ervarings by NAMPO. Gebore in die Karoo, het sy ’n natuurlike aantrekking tot die plattelandse lewe en die boeregemeenskap.

“Ek dink daar is in elkeen van ons ’n mate van platteland wat dit ’n maklike keuse maak om in landbou te werk. Ek het ’n diep begeerte om waarde tot die landbougemeenskap toe te voeg.”


Basson se reis het in Bloemfontein begin waar sy in oftalmologie gewerk het. Haar loopbaan het ’n nuwe wending geneem toe sy by kykNET in Johannesburg aangesluit het. Later het sy by ’n dagkoerant in Bloemfontein gewerk en uiteindelik haar pad na OFM en Mahareng gevind. Hierdie ervaring het haar voorberei vir haar huidige rol by OVK.

Een van die grootste lesse wat Basson in die landbousektor geleer het, is die kompleksiteit en diversiteit van boerdery. Sy sê dit is belangrik om te luister na die behoeftes van die boerderygemeenskap en om jou strategie daarvolgens aan te pas. Sy het geleer dat elke segment van boerdery unieke behoeftes en fokusse het.

‘Fokus op bevordering van vroue in landbou’

Basson het die afgelope vier jaar by OVK gefokus op die bevordering van vroue in landbou. Sy glo dat vroue die ruggraat van die samelewing is en dat hulle ’n kritieke rol in boerdery speel. Haar visie vir die toekoms is om ’n groter bewusmaking van die platteland en die noodsaaklikheid van klein dorpe te skep. Sy streef daarna om liefdadigheidsprojekte te bevorder wat die infrastruktuur van hierdie gemeenskappe sal verbeter en hulle weer tot hul volle potensiaal sal laat ontwikkel.

OFM Agri dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.